<< Chapter < Page Chapter >> Page >

1. Wanneer hierdie jaar (datum) is dit nasionale boomplantdag?

2. Waarom word ons aangemoedig om bome te plant?

3. Waarom word veral skoliere aangemoedig om bome te plant?

4. Skryf ‘n gediggie oor ‘n boom.

Beplan die gedig as groep. Die gedig kan oor ‘n groot boom of oor ‘n jong boompie handel.

Skryf julle finale poging van die gedig hier onder. Versier jou gedig by die huis. Julle kan die gedig ook saam op ‘n plakkaat skryf en die plakkaat saam versier.

Assessering

LU 1

WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1 ondersoeke beplan;

1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;

1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer.

LU 2

KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1 betekenisvolle inligting onthou;

2.2 inligting kategoriseer en eie reëls vir kategorisering verduidelik.

LU 3

WETENSKAP, DIE SAMELEWING EN DIE OMGEWING Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon .

Dit is duidelik wanneer die leerder

3.1 wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis verstaan: identifiseer wyses waarop produkte en tegnologieë uit ander tye en kulture aangepas is;

3.2 die impak van wetenskap en tegnologie verstaan: identifiseer die positiewe en negatiewe effekte van wetenskaplike ontwikkelinge of tegnologiese produkte op mense se lewenskwaliteit en/of die omgewing.

Memorandum

Aktiwiteit 1

Sonlig/-energie, grond/voedingstowwe, water en suurstof (plante sal ook genoem word: gee toe dat dit reg is, maar dat die eerste vier die nie-lewende dinge is wat ter sprake is. Gebruik die geleentheid om die leerders bewus te maak van die waarde van plante en die noodsaaklikheid dat hulle beskerm moet word (gesels oor die onoordeelkundige uitroei van woude/bome, oorbeweiding, ens.)

Aktiwiteit 2

voorbeelde:

  • Brood koring
  • Pap mielies/graan
  • Suiker suikerriet
  • Vleis gras/graan
  • Eier graan/mielies
  • Vrugte vrugte
  • Vrugtesap vrugte
  • Kunskoeldrank dikwels suikerriet, min of geen vrugte
  • Roomys gras/graan
  • Botter gras/graan
  • Melk gras/graan
  • Vis alge/waterplante
  • Nut van son: ons sou niks kon gesien het nieons sou verkluim het van die koue

energie vir werkverrigting kom hoofsaaklik van die son (bv. petrol)

  • Plante koelte (voorkom oorverhitting van die grond)Hout vir vuurmaak (energie) en bouwerkMedisyne
  • Plante as medisyne Gee baie aandag aan hierdie opdrag. Praat oor inheemse kennis: 70% Suid-Afrikaners raadpleeg tradisionele genesers.

Voorbeelde van plante as medisyne in SA (daar is baie):

  • Boegoe (ibuchu, buchu): blare en wortels vir niere en algemene uitskeidingstelselprobleme, kneusplekke, rumatiek, gekou vir maagpyn
  • Bitteraalwyn (ikhala, cape aloe): blaarsap vir bindvliesontsteking, artritis, ekseem, velirritasies, brandwonde en kneusplekke
  • Wildeals (umhlonyane, african wormwood): blare vir tee vir maagongesteldheid, gemaalde blare gee dampe af wat ingeasem word vir hoofpyn en verkoue; ingeneem vir masels en verkoue; enemas vir hardlywigheid, wurms
  • Wilde wilger (umngcunube, wild willow): bas vir Aspirien

AKTIWITEIT 3

  1. Elke jaar van 1 tot 7 September: daar is altyd ‘n naweek binne hierdie tydperk
  2. Baie redes, bv. osoonlaag, skaduwee bevorder voël- en ander dierelewe, goed vir die grond
  3. Hulle maak ‘n belegging in hul land, hulle is die volgende generasie wat verantwoordelikheid moet neem vir die land, hulle maak hul ouers bewus van die belangrikheid van bome en omgewingsbewaring en so versprei die boodskap deur die gemeenskap

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10980/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask