<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Gewone breuke en desimale breuke

Gewone breuke

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Daar is 5 modules:

1. Getalbegrip, Optelling en Aftrekking

2. Vermenigvuldiging en Deling

3. Breuke en Desimale Breuke

4. Meting en Tyd

5. Meetkunde; Datahantering en Waarskynlikheid

4 Dit is belangrik dat opvoeders die modules in volgorde (soos hierbo genoem) sal doen, aangesien die leerders die vorige module se kennis en vaardighede benodig vir die daaropvolgende module.

3. GEWONE EN DESIMALE BREUKE (LU 1; 2 EN 5)

LEEREENHEID 1 FOKUS OP GEWONE BREUKE

  • Hierdie module is ‘n voortsetting van die werk wat in graad 5 gedoen is. Daar word uitgebrei op die optelling en aftrekking van breuke, en die berekening van ‘n breuk van ‘n sekere hoeveelheid word ook hersien.
  • Maak seker dat die leerders die korrekte terminologie bemeester het, asook die korrekte strategieë om bogenoemde korrek te bereken.
  • Kritieke Uitkoms 5 (Effektiewe kommunikasie deur visuele, simboliese, en/of taalvaardighede op verskillende maniere te gebruik) is hier van toepassing.
  • 3 weke behoort voldoende te wees om hierdie module te voltooi.
  • ** Aktiwiteit 17 is ‘n taak vir die portefeulje. Hoewel dit ‘n baie eenvoudige opdrag is, moet leerders in staat wees om dit netjies en akkuraat uit te voer. Leerders moet voor die tyd weet hoe opvoeders die taak gaan assesseer.

LEEREENHEID 2 FOKUS OP DESIMALE BREUKE

  • Hierdie module is ‘n uitbreiding op werk wat in graad 5 afgehandel is. Leerders moet nou in staat wees om desimale breuke korrek af te rond tot die naaste tiende, honderdste en duisendste. Beklemtoon weer die korrekte metode om op te tel en af te trek (vertikaal). Gee ook baie aandag aan die vermenigvuldiging en deling van desimale breuke.
  • Aangesien leerders laasgenoemde nogal moeiliker vind, kan 3 - 4 weke aan dié module spandeer word.
  • ** Aktiwiteit 19 is ‘n taak vir die portefeulje. Die opdrag is baie eenvoudig, maar leerders moet in staat wees om dit netjies en akkuraat uit te voer. Leerders moet voor die tyd weet hoe opvoeders die taak gaan assesseer.

1.1 3 6 size 12{ { { size 8{3} } over { size 8{6} } } } {} = 5 10 size 12{ { { size 8{5} } over { size 8{"10"} } } } {} = 1 2 size 12{ { { size 8{1} } over { size 8{2} } } } {}

1.2 10 15 size 12{ { { size 8{"10"} } over { size 8{"15"} } } } {} = 8 12 size 12{ { { size 8{8} } over { size 8{"12"} } } } {} = 2 3 size 12{ { { size 8{2} } over { size 8{3} } } } {}

1.3 6 10 size 12{ { { size 8{6} } over { size 8{"10"} } } } {} = 3 5 size 12{ { { size 8{3} } over { size 8{5} } } } {}

1.4 10 12 size 12{ { { size 8{"10"} } over { size 8{"12"} } } } {} = 5 6 size 12{ { { size 8{5} } over { size 8{6} } } } {}

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om te bereken deur bewerkings te kies wat geskik is om probleme op te los [1.8.7]

Dit is belangrik dat jy sal verstaan wat ‘n ekwivalente breuk is en hoe om een te kry, want dit sal jou help om korrekte verwantskapstekens tussen twee breuke in te voeg.

Onthou jy nog?

Breuke wat ewe groot is, word gelykwaardige of ekwivalente breuke genoem.

1. Kyk goed na die sketse en skryf dan die ekwivalente breuke neer, bv.

2. Kleur net dié ballonne in wat ekwivalent is aan een kwart:

Het jy geweet?

Ekwivalente breuke stel ons in staat om breuke met mekaar te vergelyk. As ek verwantskapstekens moet invul, moet ek eers die noemers van die breuke dieselfde maak.

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder skat en bereken deur geskikte bewerkings vir die oplossing van probleme in verband met die volgende te kies en te gebruik:

1.8.7 ekwivalente breuke.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask