<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Vermenigvuldiging en deling

Deling

Opvoeders afdeling

Memorandum

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om die gelykwaardigheid en geldigheid van verskillende voorstellings te bepaal [lu 2.6.3]

Om strategieë te gebruik om oplossings te kontroleer [lu 1.11]

In aktiwiteit 2.7 het jul seker gesien dat daar verskeie maniere is om die kwosiënt te bereken. Werk nou saam met ‘n maat deur die verskillende oplossings vir die volgende probleem:

Hoeveel mense het altesaam soveel tande soos een dinosourus?

1. Ek moet 2 400 deur 28 deel.

Ek skat so 50 keer .

Ek weet 28 × 100 = 2 800

Dus: 28 × 50 = 1 400

En 28 × 25 = 700

Die antwoord is dus 50 + 25 + 10 = 85 mense. Daar is 20 tande wat oorbly.

2. Ek moet 2 400 ÷ 28 bereken:

Daar is dus 85 mense, want daar is 8 tande te min vir nog ’n persoon.

3. Kan julle die probleem op enige ander manier oplos? ( Sonder ’n sakrekenaar.)

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Assessering

Leeruitkomste 2: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.

Assesseringstandaard 2.6: Dit is duidelik wanneer die leerder deur bespreking en vergelyking, die ekwivalensie van verskillende beskrywings van dieselfde verwantskap of reël wat soos volg voorgestel word bepaal:

2.6.3: met getallesinne.

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.11: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n verskeidenheid strategieë gebruik om oplossings te kontroleer en die redelikheid van oplossings te beoordeel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask