<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensvaardighede

Graad 3

Op reis deur ons land?

Module 1

Wonings

Wonings

Ons mense in Suid-Afrika se wonings verskil ook baie. Ek hoop jy het sommer baie verskillende huise langs die pad gesien. Mamma en Pappa soek 'n huis wat aan hulle behoeftes voldoen. Hulle sal graag wil hê dat julle huis naby aan 'n skool moet wees en hulle moet ook die huis kan bekostig.

  • Beskryf vir jou maat hoe julle huis lyk.
  • Teken 'n prentjie van julle huis.

Wat maak jou huis vir jou so spesiaal?

  • Sou jy graag in 'n ander soort huis wil woon?
  • Waarom sê jy so?
  • Skryf 'n kort paragraaf oor jou droomhuis.

Hier is 'n voorbeeld van 'n Ndebele-huis . Hulle huise word altyd pragtig versier. Die Ndebele-stam is baie trots op hulle huise. Let op na al die verskillende patrone.

Teken nou 'n Ndebele-huis met patrone wat jyself ontwerp.

  • Onthou, hulle huise is altyd baie kleurvol.
  • Soek nog twee prente van ander tradisionele huise. Plak dit in jou boek.

Patrone

  1. Vou ‘n A4-papier in vier dele.
  2. Trek patrone met ‘n swart koki. (Kyk na voorbeelde in tydskrifte en ander boeke)
  3. Kleur in met pastelle of vetkryt.
  4. Stryk die bladsy aan die agterkant met ‘n warm strykyster.
  5. Laat dit lamineer of plak kleefplastiek bo-oor.
  6. Gebruik dit as ‘n plekmatjie.

Wenke: die papier moet in sy breedte voor jou lê

Begin aan die bokant van jou papier, anders smeer jy die vetkryt oor die res van jou papier.

Onthou om die kleure te herhaal.

Kleur elke blokkie mooi donker in.

Boumateriale

  • Het jy gesien dat al die huise nie van dieselfde materiaal gebou word nie? Bespreek met jou maat.
  • Kyk of jy die verskillende tipes boumateriaal by elke huisie kan pas: klei, strooi, klip, hout, bakstene, sinkplate.
  • Bespreek in die klas waarom die huise so verskil.

  • Knip 'n advertensie van 'n huis wat te koop is uit 'n ou koerant.
  • Beantwoord die volgende vrae:
  • Hoeveel kos die huis?
  • In watter woonbuurt is die huis?
  • Is die huis groot genoeg vir julle gesin?
  • Sou jy graag in so 'n huis wou woon?
  • Wat sou jy aan die huis wou verander?

Probleemoplossing

Soos ons gereis het, het ons gesien dat daar sommer nog baie probleme in ons land is. Daar is verskeie oorsake of redes vir al die probleme. Kyk na die prente hieronder.

  • Bespreek met jou maat wat die probleem is.
  • Gesels oor wat julle in die skool aan die probleme kan doen.
  • Deel julle oplossings met mekaar.

Maak 'n plakkaat van een van die probleme.

  • Dui aan watter oplossings daarvoor bestaan.
  • So het ons aan die einde van ons reis gekom.
  • Ek hoop julle het dit sommer baie geniet.
  • Merk met 'n kruisie (nee) of 'n regmerkie (ja) om te sê hoe jy oor jou reis gevoel het.
Ek weet nou presies waar ek woon.
Dit was vir my lekker om in 'n ander taal te kan praat.
Dit was vir my baie interessant om na die besoeker te luister.
Al die verskillende huise is vir my baie mooi.
Ek is bekommerd omdat daar so min huise vir al die mense in ons land is.
ASSESSERINGSTANDAARDE(LU’s)
LEWENSORIËNTERING LU 2
SOSIALE ONTWIKKELING: Die leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede, asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.3 die rol bespreek wat aanvaarding, om te gee, vergifnis en om te deel in gesonde sosiale verhoudings, speel.
KUNS EN KULTUURLU 2
REFLEKSIE Die leerder is in staat om krities en skeppend oor kuns- en kultuurprosesse, -produkte en –style in die konteks van die verlede en die hede te besin.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 ( dans ) – identifiseer hoe gevoelens en gemoedstemming deur middel van die liggaam en gesig, asook die gebruik van energie en die keuse van bewegings, uitgedruk word.
LU 4
UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE Die leerder is in staat om veelvuldige vorme van kommunikasie en uitdrukking in kuns en kultuur te ontleed en te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.3 ( drama ) – die stem, gebare en liggaamsvorms gebruik om gevoelens en gedagtes uit te druk.

Memorandum

  • Leerders kan in groepe saamwerk om verskillende huise te bou. (Dit is 'n heerlike projek wat die leerders in die klas kan doen en is uiters geskik vir groepwerk (NW 1.1, 1.2. 1.3)
  • Vra voor die tyd dat die leerders advertensies van huise wat te koop is, moet versamel.
  • Kuns: Gebruik 'n A4-folio waarop leerders vier rye patrone (Ndebele-patrone) kan teken. Kleur dit met pastelle in. Die buitelyne word met 'n dik swart koki gedoen. Dit kan ook gelamineer word en vir 'n plekmatjie gebruik word.
  • ‘n Wyer bespreking kan nog gehou word oor die verskillende produkte in ons land. Daar kan ook gekyk word na die spesifieke provinsies waarin die leerders woon en so kan hulle meer besonderhede oor die provinsie versamel. Leerders kan ook ‘n grafiek van al die produkte wat in die provinsie voorkom, saamstel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11106/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask