<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 7   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Voorspellings, vergelykings en veranderlikes

Opvoeders afdeling

Memorandum

6. 12

7 (a) 18

(b) 13

(c) 17

(d) 19

(e) 12

Som: 45

2.1

8.

1 14 7 12
15 4 9 6
10 5 16 3
8 11 2 13

Som: 34

9. (a) 48

(b) 10

(c) 64

(d) 90

(e) 108

10. (a) waar

(b) waar

(c) vals

(d) vals

(e) waar

11.

_____ _____ _____
_____ _____ _____
_____ _____ _____

12.

9 969 _____ 9 699 _____
_____ _____ _____ 6 669
6 966 9 669 6 696 _____
6 699 _____ 6 969 9 666

13. Leerders se eie assessering

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: voorspellings, vergelykings en veranderlikes (towervierkant) [lu 1.7.2, lu 1.9.1, lu 1.10, lu 2.5]

6. Onthou jy nog?

In ’n towervierkant is die som van die getalle horisontaal, vertikaal en diagonaal (skuins) dieselfde.

Wat is die som van hierdie towervierkant? _____________________________

1 8 3
6 4 2
5 0 7

7. Soms vervang ons getalle met letters van die alfabet.

Kyk na die volgende towervierkant. Vervang nou die letters met die korrekte getalle.

a 11 16
b 15 c
14 d e
a: _____________________________b: _____________________________c: _____________________________d: _____________________________e: _____________________________

Wat is die som van die towervierkant? _____________________________

8. Kopkrapper!

In die volgende towervierkant is al die getalle vervang deur letters.

As k = 4 en c = 1 , skryf die korrekte getalle in.

Onthou: 3k beteken 3 × k en 2c beteken 2 × c

c 3k + 2c k + 3c 2k + 4c
3k + 3c 4c 2k + c k + 2c
2k + 2c k + c 3k + 4c 3c
k + 4c 2k + 3c 2c 3k + c

Wat is die som van die towervierkant? _____________________________________

9. Ons kan ook aan party letters sekere waardes gee, bv.

a = 9 ; b = 6 ; c = 8 ; d = 2 ; e = 10 en f = 20

Bereken:

a) b x c = ________________________________

b) f ÷ d = ________________________________

c) a x b + e = ____________________________

d) (f – e) x a = ____________________________

e) [(c – d) + b] x a = _______________________

10. Vervang die letters met enige getal van jou keuse en kyk of die volgende stellings waar of onwaar is:

a) e + f = f + e _______________________

b) 2k + 2c = 2 x (k + c) _______________________

c) h – g = g – h _______________________

d) 4b = 4 + b _______________________

e) x + (y + z) = (x + y) + z _______________________

11. Kopkrapper!

Bou jou eie “towervierkant” . Verminder die sewe vierkante na vyf deur net vier tandestokkies te skuif. Teken jou poging langs die gegewe een en dui aan watter stokkies waarheen geskuif is.

12. Nog ‘n kopkrapper!

Kan jy die volgende towervierkant voltooi deur slegs ’n 6 en /of ’n 9 in jou getalle te gebruik? (Onthou: die som van al die getalle in elke ry, kolom en diagonaal moet dieselfde wees!)

6 666 6 996
9 696 6 999 9 966
9 999
9 996

13. Tyd vir selfassessering

Maak ’n regmerkie in die toepaslike blokkie:

Onseker Redelik seker Baie seker
Ek kan die volgende verduidelik en ’n voorbeeld gee: ____ ____ ____
a) vierkantgetal ____ ____ ____
b) reghoekgetal ____ ____ ____
c) kubusgetal ____ ____ ____
Ek ken ’n sinoniem vir: ____ ____ ____
a) vierkantgetal ____ ____ ____
b) kubusgetal ____ ____ ____
Ek kan letters deur getalle vervang en so ’n towervierkant oplos ____ ____ ____
Ek kan die 4 hoofbewerkings korrek doen nadat ek die letters met syferwaardes vervang het ____ ____ ____

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.7: Dit is duidelik wanneer die leerder skat en bereken deur geskikte bewerkings vir probleme wat die volgende behels, te kies en te gebruik:

1.7.2: veelvoudige bewerkings met heelgetalle;

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n verskeidenheid tegnieke gebruik om berekeninge te doen, insluitend:

1.9.1: die gebruik van die kommutatiewe, assosiatiewe en distributiewe eienskappe met positiewe rasionale getalle en nul;

Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n verskeidenheid strategieë gebruik om oplossings te kontroleer en die redelikheid daarvan te beoordeel;

Leeruitkomste 2: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.

Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder getalsinne oplos of voltooi deur inspeksie of deur ‘n proses van probeer en verbeter, en die oplossings deur vervanging kontroleer (bv. 2 x - 8 = 4).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 7. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11076/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask