<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 4

Regte en verantwoordelikhede

Module 8

Verhoudings tussen grootmense en kinders

Die verhouding tussen grootmense en kinders binne verskillende kulturele kontekste

Aktiwiteit 1

Om die verhouding tussen ouer mense en kinders in verskillende situasies te vergelyk [lu 2.3]

Jou omgewing

Hieronder sien jy ‘n lys simbole. Elkeen van hulle stel ‘n persoon voor. Die eerste groep stel persone in jou huishouding of woonplek voor. Die tweede groep stel persone voor wat jy dalk in jou skool sal teenkom, terwyl die derde groep mense in jou kerk is.

Bladsy 4 is ‘n werkvel met drie figure daarop geteken, naamlik ‘n vierkant, ‘n sirkel en ‘n driehoek. Jou opdrag is soos volg:

  1. Kyk mooi watter simbole almal in die eerste groep (woonplek) se lys voorkom. Soek dan net dié uit wat in jou eie woonplek saam met julle woon en teken daardie simbole oor in die vierkant op bladsy 4.
  2. Kyk ook watter simbole almal in die tweede groep (skool) se lys voorkom. Soek slegs dié uit wat saam met jou in jou eie skool is en teken daardie simbole oor in die sirkel .
  3. Kyk laastens na die lysie in die derde groep (kerk) en teken die simbole wat jy kies in die driehoek .

As iemand vir jou baie belangrik is of as jy baie lief is vir die persoon, mag jy daardie persoon se simbool groter teken.

1. My huis of blyplek

Ek

Pa of manlike hoof van die huis

Ma of vroulike hoof van die huis

Oudste broer/stiefbroer

Tweede oudste broer

Derde broer

Vierde broer

Oudste suster/stiefsuster

Tweede oudste suster

Derde suster

Vierde suster

Oupa of ouer manlike persoon in die huis

Ouma of ouer vroulike persoon in die huis

Belangrikste troeteldier

Ander persoon in die huis (identifiseer, bv. loseerder, oom of tante, ens.)

2. Die skool

Ek

Skoolhoof

Klasonderwyser

My gunsteling onderwyser

‘n Onderwyser van wie ek nie so baie hou nie

Die leerder in die klas/skool waarvan ek nie hou nie

My beste maat

Tweede beste maat

Derde beste maat

’n Leerder wat die skool vir my baie sleg maak

Nog ‘n persoon (identifiseer)…………..

3. My kerk of geestelike gemeenskap

Ek

Oppermag/God/Allah

Geestelike leier

Iemand wat ‘n belangrike rol speel (identifiseer)

Woonplek

Skool

Kerk

Assessering

LEERUITKOMS 2: SOSIALE ONTWIKKELING

Die leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede,asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

2.3 die verhouding tussen ouer mense en kinders in ’n verskeidenheid situasies in verskillende kulturele kontekste vergelyk.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11095/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask