<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 5

Uitdrukking en kommunikasie

Module 7

Om voor te berei vir die aktiwiteite deur reg op te warm

DANS

  • Die doel met die volgende aktiwiteite is om jou bewus te maak van die verskillende ruimtes, bv. binne en buite, in die klaskamer, op die verhoog en op gras wat tot jou beskikking is, en hoe hierdie ruimtes die dans wat jy ontwerp of doen, kan beïnvloed.

AKTIWITEIT 1

OM VOOR TE BEREI VIR DIE AKTIWITEITE DEUR REG OP TE WARM

[LU 4.1]

Voordat jy kan begin om jou danse te ontwerp, moet jou liggaam reg opgewarm wees om beserings te voorkom en jou voor te berei vir die aktiwiteite wat volg.

Staan met jou voete heupwydte van mekaar, arms lang jou sye.

Asem in deur jou neus – lig arms bo jou kop.

Asem uit deur jou mond – laat sak arms en buig knieë terselfdertyd.

Herhaal vier keer.

Beweeg van kant tot kant terwyl jy op een plek staan.

Hou beweging en lig regterarm bo jou kop en dan die linkerarm om die beurt (herhaal agt keer).

Hou beweging en lig regterarm voor bolyf verby en dan jou linkerarm om die beurt (herhaal agt keer).

Buig en maak knieë reguit – lig arms op langs sye (herhaal agt keer).

Plaas hande op knieë – hou knieë gebuig – lig tone om die beurt – hou hakke op die vloer (herhaal agt keer).

Behou posisie en lig hakke om die beurt (herhaal agt keer).

Strek (“lunge”) van kant tot kant en hou voete op die vloer (herhaal agt keer).

Strek na regs en hou strek vir vier tellings.

Strek na links en hou strek vir vier tellings.

Hou knieë gebuig, voete en knieë wys na buite – plaas hande op knieë – trek jou rug op na bo (soos ‘n kat) en ontspan na beginposisie (herhaal agt keer).

Maak knieë reguit en buig bolyf vorentoe.

Buig knieë en lig bolyf weer op (herhaal agt keer).

Loop/marsjeer op een plek – lig arms op en af (herhaal agt keer).

Loop/marsjeer op die plek sonder om jou arms te beweeg.

Jy kan enige van hierdie oefeninge neem en kombineer.

Jou opwarming moet nie minder as drie minute ennie meer as tien minute duur nie.

Jy moet dwarsdeur die opwarmingsoefening normaal asemhaal.

AKTIWITEIT 2

OM 'N DANS WAT VIR 'N BEPAALDE RUIMTE GESKIK IS, TE DOEN: DIE SPORTDANS

[LU 4.1]

Jy kan slegs hiermee begin as jy goed opgewarm is.

Hierdie dans word buite op die sportveld gedoen. As gevolg van die grootte van die ruimte tot jou beskikking, hoef jy nie musiek vir hierdie dans te gebruik nie.

 Kies ‘n sportaktiwiteit bv. rugby, tennis, netbal, atletiek, krieket of sokker.

 Hardloop, stop en vries in die verskillende bewegings.

 Ontwikkel elke stop - en beginaksie.

 Gebruik elke aksie om van een plek na ‘n ander te beweeg.(m.a.w. gebruik die ruimte tot jou beskikking asof jy regtig die sport speel, bv. ontwyk, slaan, gooi, ens).

 Vergroot jou bewegings (maak jou bewegings groter as gewoonlik).

 Beweeg in stadige aksie.

 Voeg sterk en vinnige of sagte en stadige bewegings by.

 Maak geleidelike of skielike veranderinge van spoed.

 Skep jou eie ritme vir jou bewegings.

 Skep jou eie dans deur al bogenoemde elemente saam te voeg.

AKTIWITEIT 3

OM 'N DANS WAT VIR 'N BEPAALDE RUIMTE GESKIK IS, TE DOEN: DIE STOELDANS

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10976/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask