<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 6

Die pad na demokrasie in sa sedert 1910

Module 7

Noodtoestand in die 1980’s

'n Nuwe grondwet, wat slegs Blankes, Kleurlinge en Indiërs ingesluit het, het in 1983 onder leiding van P.W. Botha (Staatspresident) tot stand gekom. Swart mense moes egter in tuislande geakkommodeer word.

Op 20 Augustus 1983 het sowat15 000 mense van 575 organisasies wat onder andere werkers, die jeug en kerke ingesluit het, die UDF (United Democratic Front) in Kaapstad gestig. Hulle het, ter ondersteuning van die ANC, boikotte, betogings en stakings teen die regering gereël.

Skole-, verbruikers-, en huurboikotte het algemeen voorgekom. In baie swart "townships" was sogenaamde "liberated zones" waarin die polisie nie toegelaat is nie. Bunduhowe en "necklacing" het voorgekom.

COSATU (Congress of South African Trade Unions), tans die grootste vakbond in SA, is ook gestig.

'n ANC-motorbom (60 kg) dood 19 en wond 216 mense in Kerkstraat in Mei 1983 in Pretoria. Die teiken was die SAL-kantore.

Bomontploffing by die Nedbankgebou in Kerkstraat, Pretoria – 1983

Bekom jou eie bronne hieroor.

Aktiwiteit 1:

Om die verlede te rekonstrueer

[lu 3.1]

(a) Interpreteer (verstaan) die vorige bron, asook jou eie bronne, en probeer die waarheid vasstel – veral waar daar verskillende sienings oor die verlede bestaan.

  • Wie het die bom geplant?
  • Wat is feite en menings oor die gebeure?
  • Onder watter omstandighede in ons land se geskiedenis het die gebeurtenis

plaasgevind?

  • Hoe belangrik is die bron?
  • Hoe dink jy het die mense op die toneel gevoel?
  • Verskaf jou eie opskrif.
  • Wat het jy hieruit geleer?

INKATHA

Inkatha Yenkululeku Yesizwe is in 1975 as 'n nasionale en kulturele bevrydingsbeweging onder Zoeloes gestig. Daar het aanvanklik 'n goeie verhouding tussen die ANC en Inkatha geheers. Maar in 1979 kon hul afvaardigings nie in Londen konsensus bereik oor wie die leiersrol in die bevrydingstryd sou neem nie. In Julie 1990 word Inkatha 'n politieke party- die Inkatha Vryheidsparty (IVP).

Die president van die IVP, dr. Mangosuthu Buthelezi, het die UDF verwerp as 'n "mag van onenigheid", want die Zoeloes was volgens hom onwelkom in dié organisasie. Die meeste Zoeloes het by die IVP aangesluit. As teenvoeter vir COSATU, stig Buthelezi UWUSA (United Workers Union of SA). 'n Bloedige stryd wat al duisende lewens opgeëis het, het tussen die ANC- en IVP-ondersteuners losgebars.

In Julie 1985 moes 'n noodtoestand weer in SA uitgeroep word, want onrus het deur SA versprei. Groter magte is aan die weermag en polisie toegeken. Veldtogte is deur swart mense geloods om swart woongebiede onregeerbaar te maak. In 1986 is die paswette en wette teen gemengde huwelike herroep. (Tussen 1916 en 1985 was ongeveer 17 miljoen mense egter gearresteer as gevolg van die paswette.) Die noodtoestand het tot in 1980 van krag gebly.

(b) Noem kortliks die volgende swart leiers in die swart weerstandstryd se bydrae tot menseregte – dit kom soms êrens in die module voor. (Die beginletter van hul naam word in hakies verskaf).

1 (A) …………………………………………….. ................................................................
2 (S)
3 (N)
4 (O)
5 (W)
6 (M)

Assessering

LU 3
HISTORIESE VERTOLKING Die leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 bronne interpreteer:
  • twee weergawes van ‘n historiese gebeurtenis vergelyk deur gebruik te maak van visuele of geskrewe bronne;
3.2 die verlede rekonstrueer:
  • onderskeid tref tussen opinies, feite en inligting;
3.3 voorstelling van die verlede maak:
  • items identifiseer en selekteer van ‘n aspek van die verlede wat onder bespreking is, wat sal bydra tot ‘n klasuitstalling, skoolmuseum of gemeenskap.

Memorandum

Aktiwiteit 1

(a)

(1.1) ANC

(1.3) In Augustus 1983 het 575 organisasies in Kaapstad die UDF (United Democratic Front) gestig. Meer boikotte, stakings en betogings teen apartheid is gereël. Vanaf 1984 het die stryd teen apartheid toegeneem. Swart woongebiede was onregeerbaar en onrus het deur Suid-Afrika versprei. ‘n Noodtoestand is afgekondig.

  • Verskaf (te) min inligting.

(b)

(1.1) Albert Luthuli

(1.2) Stephen Biko

(1.3) Nelson Mandela

(1.4) Oliver Tambo

(1.5) Walter Sisulu

(1.6) Mangosuthu Buthelezi

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11008/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask