<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 5

Regte en verantwoordelikhede

Module 10

Maats se rol en ondersteuning

Die belangrikheid van maats se rol en ondersteuning in moeilike tye

Dit is baie belangrik dat leerders in ‘n klasgroep vir mekaar omgee en ook weet wat in hulle klasmaats se lewens gebeur wat vir hulle moeilik is, maar ook wat vir hulle gelukkig maak.

Die werkopdrag wat hieronder uiteengesit word, kan gerus ‘n deurlopende jaarprojek word. Op die manier kan julle almal in voeling bly met mekaar se lekker en moeilike tye en mekaar ondersteun,

AKTIWITEIT:

OM 'N SPESIALE “EK”-PAKKIE TE MAAK

[LU 2.3]

  • Elke leerder bring ‘n papierpakkie skool toe. Die pakkies moet tussen 10 en 15 cm groot wees.
  • Elke leerder maak ‘n spesiale EK-pakkie.
  • Versier jou pakkie deur byvoorbeeld jou naam in sierskrif te skryf en ‘n tekening van jouself of ‘n foto van jou, jou gesin of troeteldier op die pakkie te plak.
  • Skryf ook ‘n paar sinne oor jouself of wat vir jou belangrik is op die pakkie. (Bv. Ek’s mal oor klavierspeel; My geliefkoosde fliek is Shrek 2).
  • Skryf nou dinge wat jou meer persoonlik raak op papiertjies wat jy opvou of op klein kaartjies en sit dit binne in die sakkie. Voorbeeld: my voornemens vir die jaar, my wense vir die jaar, dinge waarvoor ek bang is, dinge wat my bly maak, goed wat met my gebeur wat my ongelukkig maak.
  • Steek hierdie pakkies nou almal in rye teen die muur vas met duimspykers of hang dit met toutjies op.
  • Steek ook ‘n leë koevert met jou naam op onder jou pakkie vas.
  • Maak een maal per week (bv. die eerste vyf minute van Maandag se eerste klasperiode) tyd dat leerders mekaar se boodskappies lees of hulle sakkies op datum bring. Vir die res van die week kan leerders vir mekaar “omgee”-briefies skryf en in die koevertjies met hulle name op ‘pos’.
  • Dit is baie belangrik dat almal besef dat dit ‘n projek is wat met sensitiwiteit en deernis aangepak moet word. Gekskeerdery of beledigings mag nie geduld word nie! Niemand mag ook mekaar se ‘pos’ lees nie. Indien die opvoeder bewus is van ‘n spesifieke probleem of hartseerondervinding van ‘n leerder, kan hy/sy ook ‘n spesiale briefie skryf.

Assessering

LU 2

S OSIALE O NTWIKKELING

Die leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede,asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1 kinders se regte en verantwoordelikhede op ’n verskeidenheid probleemsituasies toepas;

2.2 gevalle van stereotipering, diskriminasie en partydigheid bespreek en ‘n plan voorstel om dit in die plaaslike konteks te hanteer;

2.3 die belangrikheid van maats ten tyde van tragedie en verandering bespreek;

2.4 vroue en mans se bydrae in ’n verskeidenheid kulturele kontekste bespreek;

2.5 feesdae en gebruike in ’n verskeidenheid gelowe in Suid-Afrika bespreek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10982/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask