<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 6

Module 5

Huishoudings

Al die mense wat in een huis saamwoon, noem ons ‘n HUISHOUDING. Al woon slegs een mens in ‘n woning, is dit nog steeds ‘n huishouding.

  1. Hoe verskil jou huishouding van jou maat s’n wat langs jou sit? Maak nou ‘n lysie van die lede van jou huishouding.

Vergelyk jou lysie met jou maat langs jou s’n. Skryf die ooreenkomste neer (al die lede wat dieselfde is ).

Skryf nou die verskille neer. ( Watter lede is in sy / haar huishouding wat nie in jou huishouding is nie?)

LU 5.2.4

2. Kom ons leer die betekenis van nog ‘n woord: EKONOMIE. (Economy).

Wat is die betekenis ? Slaan dit na in die verklarende woordeboek. Skryf dit neer.

LU 3.7.2

Dus is die ekonomie alles en almal wat geld verdien, geld spaar en geld spandeer.

geld verdien : earn money

geld spaar : save money

geld spandeer : spend money

  • Gesels nou in julle groepe oor wie die geld in julle huishouding verdien.
  • Hoe verdien hy / sy / hulle die geld?
  • Hoeveel dae per week werk hy / sy / hulle?
  • Hoeveel ure werk hy / sy / hulle per dag?
  • Hoe kom hy / sy / hulle by die plek waar hulle geld verdien?
  • Kry hy / sy / hulle ‘n weeklikse loon of ‘n maandelikse salaris?
LU 1.5.1 LU 2.1.2

3. Stillees.

Julle opvoeder gaan die onderstaande leesstuk hardop voorlees. Daarna gaan julle dit self stil deurlees en die daaropvolgende vrae beantwoord.

Die wêreld sonder geld?

Dit is baie moeilik om die wêreld sonder geld voor te stel. Wanneer ‘n mens werk, word jy gewoonlik vergoed. Lees bietjie hoe ‘n sangeres vir ‘n optrede betaal is.

Die sangeres se naam was Mile Zélie en sy het in die hoofstad van Frankryk, Parys, gewoon. Sy is eendag genooi om ‘n konsert te gaan hou op ‘n eiland in die Stille Suidsee. Haar betaling sou ‘n derde van die inkomste by die kaartjieskantoor wees. Kan jy raai hoe verbaas sy was toe sy haar betaling ontvang ? Sy het 3 varke, 2 dosyn kalkoene, 44 hoenders en ‘n groot klomp kokosneute, piesangs, suurlemoene en lemoene ontvang. Mile Zélie het nie geweet sy gaan optree in ‘n wêreld sonder geld nie ! Vir die eilandbewoners was dit heeltemal normaal om iemand met diere en vrugte te vergoed ! Hulle het met hulle produkte gekoop en vergoed, nie met geld nie.

Beantwoord nou die volgende vra deur W (waar) O (onwaar) of OB (onvoldoende besonderhede, wanneer jy nie genoeg inligting het nie) te skryf.

  1. Mile Zélie was ‘n sangeres
  2. Sy was ‘n Franse dame
  3. Parys is die hoofstad van Frankryk
  4. Sy het ‘n konsert gaan hou in ‘n groot stad
  5. Sy sou die helfte van die inkomste by die kaartjieskantoor ontvang
  6. Sy het gedink sy gaan met geld betaal word
  7. Deel van haar betaling was 12 kalkoene
  8. Daar was baie vrugtebome op die eiland
  9. Die diere was lewendig
  10. Die eilandbewoners het nooit geld gebruik as betaling nie

Totaal 10

LU 3.3.2

10

Selfassessering onder leiding van die opvoeder. Ek het gekry.

WOORDESKAT

vergoed : compensate

betaling : payment

inkomste : income

kaartjieskantoor : booking-office

produkte : products

4. Elke huishouding het elke maand ‘n honderd-en-een dinge wat gekoop en betaal moet word. Kyk bietjie hoe gaan dit in die Adams-gesin se huis.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask