<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Bespreek weer met die leerders die verskillende maniere om vierkante en reghoeke te halveer en in kwarte te verdeel.

Baie konkrete en semi-konkrete werk moet gedoen word wanneer die leerders getalle in kwarte moet verdeel, veral wanneer die getal nie 'n veelvoud van 4 is nie. Maak gebruik van voorwerpe soos vrugte en sagte lekkers wat werklik opgebreek kan word en nie albasters, doppies , klippe, ens. nie.

Later moet dit aan die leerders verduidelik word dat dit van die probleem sal afhang of ons dit in breuke kan opbreek of nie.

Kyk hierna: Pappa het 25 skape en moet hulle in 4 krale jaag. Hoeveel skape moet in elke kraal kom? (Die skaap wat oorbly kan nie opgedeel word nie.)

Pappa slag 25 skape en gaan dit by 4 slaghuise aflaai. Hoeveel sal elke slaghuis kry?

(Die skaap wat oorbly sal beslis in 4 verdeel word.) Bespreek nog voorbeelde hiervan.

Sodra die leerders 4x as 2 keer verdubbel en ÷4 as 2 keer halveer verstaan, kan dit maar gedril word, want hulle moet die tafels ken.

Hierdie is 'n wonderlike manier om leerders meer vertroud te maak met probleemstellings, maar dit verg baie en gereelde oefening. Sodra hulle dit heeltemal snap en met vertroue kan doen, kom hulle met wonderlike idees na vore.

Begin met met 'n baie eenvoudige getalsin, bv. 3 + 4 = □. Laat die leerders eers voorwerpe noem waarmee hulle moontlik kan werk en skryf dit op die bord: bome, blomme, lekkers, skape, honde, ens.

Almal moet probeer. Hou 'n kompetisie tussen die rye en laat hulle dan vir mekaar die probleme stel.

Die vertikale optel - en aftrekbewerkings is gegradeer van eenvoudig tot moeilik sodat dit vir u maklik sal wees om vas te stel waar 'n leerder se probleem lê. U kan dan slegs op die probleem areas konsentreer en soortgelyke oefeninge kan gegee word.

Dit moet 'n patroon wees wat elke 2 blokke herhaal en daarom moet dit dwarsdeur presies dieselfde wees. Hierdie kan ook saam met Tegnologie aangebied word en die leerders kan dan hul eie blokke trek op 'n groter papier.

Verduidelik die afronding tot die naaste R aan die leerders. Laat die leerders ou katalogusse bring en oefen dan die afronding totdat hulle dit verstaan.

Hierdie werkvel sal vir u 'n goeie aanduiding gee van watter leerders instruksies kan volg en uitvoer.

Enige leerder wat in hierdie stadium 'n goeie getalbegrip van honderde, tiene en ene het, behoort hierdie werkvel met gemak te voltooi. Wys vir die leerders daarop dat as hulle nie vertikaal en horisontaal dieselfde antwoord in die ballon kry nie , dan is daar iewers 'n fout en moet hulle die antwoorde vertikaal en horisontaal weer kontroleer.

Nog voorbeelde met kleiner getalle kan ook gegee word:

241620 301026 502948 1045594
60 66 127 253

Meer gevorderde werk word gedoen, maar dit sal die opvoeder baie help as bl. 1 en 2 (die voltooiing van die kalender) met al die leerders gelyktydig gedoen word. Daarna kan groepe 2 en 3 weer terugkeer na die werk waarmee hulle besig is.

Getalbegrip tot 400

Bewerkings:

Optel – tweesyfergetalle by tweesyfergetalle, met hergroepering van ‘n tien;

Aftrek – tweesyfergetalle van tweesyfergetalle, met hergroepering van ‘n tien;

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 3. OpenStax CNX. Oct 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11129/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask