<< Chapter < Page Chapter >> Page >

…Gedurende saalbyeenkoms het die studente alreeds vredesliedere gesing. Deur die venster het ek gesien hoedat ’n groot massa vanaf die Hoërskool Morris Isaacks geloop het. Hulle wou hê ons moes saam deelneem aan die optog. Ek het gedink dit sou pret wees – ons sou onself gaan uitleef. Omdat daar so baie van ons was,het ek gedink dit sou veilig wees.

Maar by Orlando het die polisie gewere gehad. Hulle het opdrag gegee dat ons uiteen moes gaan, traanrook gegooi en die polisiehonde losgelaat. Ek onthou hoe ek gedink het: Wat gaan aan? Ek het traanrook in my oë, … tussen struike van ’n nabygeleë huis getrek …

…Ek het omgedraai en gesien hoedat Hector in die straat na my toe aangeloop kom. Hy het my gesien en ek het uitgeroep haai, wat doen jy hier?’ Hy het net sy kop op sy skouer laat lê en geglimlag. Skielik het ek ’n geweerskoot gehoor, ons het terug gehardloop vir skuiling. Ek het rondgekyk en gevra: swaar is Hector?’…

Toe was daar weer ’n skoot …

Toe het ek opgelet hoedat ’n groep seuns ’n ander seun dra. Met die verbykom sien ek die bloed op die seun se skoene, wat ek herken het as Hector s’n. Ek het geskreeu: “Dit is my broer.” Skielik het Mbuyisa vanaf nêrens gekom, ons uit die pad gestamp, Hector gegryp en begin hardloop … Hector het nog gelewe. ’n Motor het stilgehou en die verslaggewer binne-in het gesê ons moet, Hector hospitaal toe neem. Hector was dood. Vandag beskou ek Hector as ’n held. Nadat ons harte genees is, kan ons sien sy dood het ’n verandering gebring. EK vra my telkemale af waarom hy moes sterf, maar nou sien ons die rede daarvoor. Ons kan nie langer iemand blameer nie. Ek is nie meer kwaad nie – ons het so lank onder apartheid gelewe, waarom kwaad wees? Geduld het sy eie vergoeding.

( Uit: Marie Claire, Junie 1998)

BRON FGETUIENIS DEUR Sam Nzima aan ’n Kommissie van Ondersoek oor die Soweto-opstande, 21 September 1976.

Toe ek daar aankom het ek gesien hoedat twee studente deur ’n koeël neergevel word.

Het jy werklik gesien hoe hulle geskiet word? Ek het hulle sien val.

En toe? Hulle is deur ’n paar motoriste na die Baragwanath Hospitaal geneem…

Hoeveel is na die hospitaal geneem?… slegs die twee op daardie tydstip. Ek het uit Moffatstraat na die ander straathoek gehardloop; daar het ek ’n man met ’n oorpak raakgeloop. Hy was vergesel van ’n meisie en het ’n seun van ongeveer 8 tot 10 jaar oud gedra.

Het jy later uitgevind dat dit Peterson was? Ek het dit in die koerante gelees. Sophie Tema het hom tot by die hospitaal gevolg, waar hy by sy aankoms as dood gesertifiseer is. Daar het sy die naam gekry.

Wie het die foto geneem waar hy deur die ander man weggedra is? Ek het .

Jy het dit geneem? Dit is korrek.

Lu 2:die leerder is in staat om historiese kennis en begrip te toon

1 . Bestudeer Bron A. Wat was die oorsaak van hierdie vreeslike gebeurtenis wat in Bronne C, D en F geïllustreer word. Motiveer jou antwoord met bewyse uit Bron A.

Lu 1:die leerder is in staat om vaardighede te bemeester ten einde die verlede en die hede te ondersoek

2 . Bestudeer Bron A. Verkry bewyse uit die bron dat die Minister oortuig was dat die situasie nog nie ernstig genoeg was nie.

3 . Bestudeer Bronne F en C. Watter een is die akkuraatste weergawe van die gebeurtenis wat Nzima beskryf? Motiveer jou antwoord.

4 . Stem jy met Nelson Mandela se woorde saam? Motiveer jou antwoord met bewyse uit die bronne asook jou eie kennis.

Lu 3: die leerder is in staat om ’n begrip van historiese interpretasie te toon.

5 . Bestudeer Bronne E, C en D. Verbeel jou jy was die fotograaf. Hoe sou jy so ’n gebeurtenis ervaar het?

6 . Bestudeer Bron E. Jy het saam met Antoinette Sithole gehardloop. Skryf ’n paragraaf waarin jy beskryf wat jy op 16 Junie 1976 in Soweto se strate sien gebeur het.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Geskiedkundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ‘n onderwerp ondersoek deur kernvrae te stel en ‘n verskeidenheid relevante bronne te identifiseer om die onderwerp te ondersoek [vind bronne];
1.2 belangrike en sinvolle vrae stel om bronne te evalueer (bv. om partydigheid en stereotipes, weglatings en gapings te identifiseer) [werk met bronne];
1.3 die inligting in die bronne ontleed [werk met bronne];
1.4 ‘n onafhanklike redenasie as antwoord op ‘n gestelde vraag aanbied en motiveer gevolgtrekkings (met bewyse) [beantwoord die vraag];
1.5 kennis en begrip oordra deur eie interpretasie en argumente gegrond op geskiedkundige bronne aan te bied [kommunikeer die antwoord].
LU 2
Geskiedkundige Kennis en BegripDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 gebeurtenisse, mense en veranderinge in bestudeerde geskiedkundige tydperke binne ‘n chronologiese raamwerk plaas [kronologie];
2.2 kategorieë oorsake en gevolge identifiseer (bv. onmiddellike en langtermyn-, regstreekse en onregstreekse oorsake en gevolge) [oorsaak en gevolg];
2.3 die redes vir en gevolge van gebeurtenisse in die geskiedenis verduidelik en ontleed [oorsaak en gevolg];
2.4 verstaan dat verandering en ontwikkeling nie altyd vooruitgang beteken nie [verandering en kontinuïteit].
LU 3
Geskiedkundige InterpretasieDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 die omstrede aard van inhoud, en dat historici geskiedenis opstel wanneer hulle oor gebeurtenisse in die verlede skryf verstaan ]bronne interpretasie];
3.2 ‘n interpretasie gegrond op bronne opstel en gee redes vir eie interpretasie [bronne interpretasie];
3.3 vraagstukke wat die manier waarop geskiedenis geskryf is, beïnvloed ontleed [invloede op interpretasie];
3.4 die maniere waarop simbole gebruik word verduidelik om gebeurtenisse en mense uit die verlede te onthou, en hoe mondelinge geskiedenis tot ons begrip van die simbole kan bydra [voorstelling van die verlede].

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11062/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask