<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ek het ses foto’s geneem, insluitend die nou bekende een …

Mbuyisa het Hector in ’n motor gelaai en hom na ’n kliniek oorkant die straat geneem. ’n Student het gehoor toe die dokter Hector dood verklaar en die ander studente daaromtrent ingelig. Hulle was woedend en die polisie met klippe ge­gooi; motors en geboue aan die brand gesteek en drankwinkels geplunder. Paniek het versprei.

Teen 15:00 was my foto van Hector op die voorblaaie van omtrent al die koerante, plaaslik en oorsee.’

Uit: Marie Claire, Junie 1998

BRON DVANUIT ’n RYSTOEL

Popi Burthelezi, nou 39, was 16-jaar oud op 16 Junie, toe ’n koeël van ’n polisieman haar permanent verlam het.

‘Ek was ’n student by Senaoane Sekondêre Skool waar onderwysers beveel is om ons in Afrikaans te onderrig. Omdat ek my nie duidelik kon uitdruk nie,het ek 20/100 vir my toets gekry.

Steeds het ek en my vriende nie geweet wat gaan gebeur nie. Ons het nie geweet wie die koördineerder van die ding was nie, maar later sou ons uitvind dat dit die “Die Soweto Elf” was – jong aktiviste wat byeenkomste by die Hoërskool Morris Isaacks en die Hoërskool Naledi gehou het.

Ek kan nie daardie vergeet nie. Teen 8:00 toe ons by die saal aangekom het om die biologie-eksamen te skryf, het ’n groep met plakkate opgedaag. Die plakkate het soos volg gelei: ‘Weg met Afrikaans’. Hulle het gevra dat ons by hulle aansluit. Toe het een van die leiers in ’n boom geklim en ons vertel dat ’n seun geskiet is, hy het gesê ons moes regeringseiendom vernietig – student het geboue begin afbrand en winkels geplunder.

Die polisie het op ons geskiet, maar ons was vir niks bang nie. Dit is toe dat dr. Melville Edelstein vermoor is – hulle het ’n wit man gesien, hom uit sy motor gesleep, dit aan die brand gesteek, hom doodgeslaan en sy liggaam in ’n vullisdrom gegooi.

Daardie aand het ek die swart woongebied in ligte laaie gesien – dit was soos ’n oorlog … Ek was op die punt om die straat oor te steek, toe die polisie weer verskyn. Ek het skote gehoor en gehardloop. Die derde koeël het my in die rug getref, my ruggraat deurboor en by my bors uitgetrek. Drie dae later het ek in die Baragwanath Hospitaal wakker geword.

Ek het ontdek dat ek nie kan beweeg nie. Ek wou eers ’n regsgeleerde word, maar het toe ’n administratiewe klerk geword. Ek weet nie waarom die polisie op ons geskiet het nie. Miskien sal hulle vandag ’n antwoord daarvoor hê’.

( Uit: Marie Claire, Junie 1998)

BRON E’n SUSTER ONTHOU

Antoinette Sithole (nee Peterson) was 17 jaar oud toe ’n foto van waar sy langs die liggaam van haar sterwende broer hardloop, die anti-apartheidstryd versinnebeeld het.

‘Op die oggend van 16 Junie 1976 het my niggie gesê daar gaan ’n optog van studente wees om te protesteer teen die onderrig in Afrikaans, maar dat dit stil gehou moes word. Ek het nie geglo dat die optog sou plaasvind nie en het daarvan vergeet.

…Ek en Hector het skole in dieselfde straat in White City bygewoon, dus het ons saam die huis verlaat. Hy was ’n skaam kind, maar snaaks en vol streke. Ons het hom skopper’ genoem, weens die manier waarop sy hare gesny was.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11062/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask