<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 9

Sa vanaf 1948 tot 2000: nasionalisme

Module 7

Die soweto opstand

Die Soweto Opstand [LU 1, 2, 3]

‘Vanaf die oomblik van die verkiesing van die Nasionaliste het ons geweet ons land sou voortaan ’n plek van spanning en oproer wees.’

Woorde van Nelson Mandela

BRON A: Dringende Telegramme word deur Regerings Amptenare gestuur

Op 25 Mei 1976 het Fred van Wyk, die direkteur van die Instituut van Rasseverhoudings ’n dringende telegram aan die Progressiewe Federale Party-lid, Renè de Villiers, met die volgende gestuur: ‘Baie bekommerd Afrikaans medium geskil swart skole.’ ‘Situasie in Soweto baie ernstig.’ ‘Kan jy die saak met Minister bespreek…?’

Op 11 Junie het van Wyk weer ’n telegram aan De Villiers gestuur, wat weer op sy beurt met Dr Treurnicht gepraat het. Dr Treurnicht, die Minister, het ontken dat die dispuut uitgebrei het. Hy het De Villiers verseker dat die probleem bevredigend opgelos sou word.

Vyf dae later, het die storm losgebars …

Op 13 Junie het afgevaardigdes van sekondêre skole in Soweto ’n aksiekomitee gekies om ’n protesoptog deur die woonbuurt te lei. Dit sou gevolg word deur ’n massabyeenkoms in die Orlando Sokkerstadion.

Diè optog is beplan vir Woensdag 16 Junie teen 7:00 vm. Teen 6:00 was honderde leerlinge alreeds by verskeie versamelpunte saamgetrek. Die stemming van die skare was gemoedelik. Slagspreuke op banier het die volgende gelei: “Weg met Afrikaans” , “Bantoe Onderwys – hel toe daarmee” en “Afrikaans is ’n Stamtaal” .

Uitreksel uit: READER’S DIGEST ILLUSTRATED HISTORY OF SOUTH AFRICA )

BRON B: STUDENTE PAMFLET

’n OPROEP AAN ALMAL

DIS NOU DIE TYD OM ’n AKTIEWE ROL IN DIE STRY VIR MENSWAARDIGHEID TE SPEELSTAAN OP EN VEG TEEN ONREGVERDIGE STELSELONS DIE STUDENTE VAN DIE KAAPSE SKIEREILAND VERKLAAR DAT:

  • ons identifiseer met die stryd vir ’n gemeenskap met basiese menseregte.
  • ons verlang vrye en gelyke opvoeding vir almal.
  • ons verdoem alle organisasies wat menslike vooruitgang vertraag.
  • gee werkers gelyke lone en werk volgens meriete.
  • stop instromingsbeheer.STUDENTE: JULLE HET ’n BELANGRIKE ROL OM IN DIE VERANDERING TE SPEEL. ALLE ONDERDRUKTES MOET NOU OPSTAAN EN GESIEN WORD. VERENIG NOU.BRON CEEN ONVERGEETLIKE BEELD

Sam Nzima, 63, was fotojoernalis vir die The World , nuusblad, en het een van die mees dramatiese foto’s van ons tye geneem. Twee-en-twintig jaar later kyk hy terug na sy ervaring.

Die dag voor 16 Junie 1976 het ons nuusredateur, Percy Qoboza gesê dat Stu­dente van Soweto die volgende dag ’n optog gaan hou. Teen 6:00 vm het ons motorbestuurder vir my en Sophie Thema opgetel en na Soweto geneem.

Teen 8:00 het die optogte begin. ’n Konvooi polisievoertuie het opgedaag …

’n Wit polisieman het ’n stok geswaai en geskreeu:

‘Weg is julle. Ons gee julle drie minute.’

‘Ons gaan skiet,’ het hy gesê, en het ’n handwapen uitgeruk. Hy het direk gemik na die studente en twee skote gevuur. Hel het losgebars.

Ek onthou ek het omgedraai en vir Hector sien val. Hy was die eerste een. Ek het gesien hoe Mbuyisa Makhubu hom opgetel het en in my rigting gehardloop, saam met Hector se suster, Antoinette.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11062/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask