<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: aardrykskunde

Graad 9

Volhoubare gebruik van hulpbronne

Module 8

Die produksie van afvalstowwe

In Suid-Afrika word jaarliks 42 miljoen kubieke meter afval gegenereer. Die grootste deel van hierdie afval word in Gauteng geproduseer. Die gemiddelde hoeveelheid afval per persoon wat daagliks in Suid-Afrika geproduseer word, is 0,7 kg. Die sektor wat die meeste bydra tot die stroom van soliede afval, is die mynbou. Hierdie sektor dra 72,3% van die soliede afvalstroom by. Daarna volg brandstof wat 6,7% uitmaak van die soliede afvalstroom. Landbouafval dra 6,1% by, terwyl afval uit stedelike gebiede 4,5% uitmaak. Die rioolslyk beslaan 3,6% van die soliede afvalstroom.

Sulke hoë vlakke van afval en besoedeling wek rede tot kommer. ‘n Groot hoeveelheid van die gevaarlike afval (soos chemiese stowwe), word nie behoorlik behandel of van ontslae geraak nie. Slegs 5% van die 5 miljoen kubieke meter chemiese afval wat geproduseer word, bereik uiteindelik die gevaarlike afval-stortingsterreine.

Aktiwiteit 1:

Om maniere van afvalwegdoening te identifiseer

[lu 2.2]

Op jou eie:

  • Bestudeer die onderstaande tabel en identifiseer die veiligste metode wat aangewend kan word om van die afval ontslae te raak. Plaas slegs ‘n x in die regte kolom om jou keuse aan te dui:
TIPE AFVAL STORTINGS-TERREIN SEE SPESIALE AANLEG
Blikke en groenteskille
Rioolslyk
Nywerheidsure en gifstowwe
Ou olie en smeermiddels

Assessering

LU 2
AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 ‘n beredeneerde verduideliking van sommige benaderings tot ontwikkeling verskaf [mense en plekke];
  1. maniere waardeur Wetenskap en Tegnologie ‘n positiewe en negatiewe invloed op ontwikkeling het, identifiseer [mense en hulpbronne].

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11054/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask