<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Eers nadat jy jou navorsing voltooi het, sal jy die geleentheid gegun word om jou siening met die klas te bespreek.

Die Dans

  • Kies ‘n Rock ‘n Roll-liedjie.

Die kies van ‘n Dansmaat

  • Kies ‘n maat uit jou klas wat dieselfde lengte as jy is.
  • Jou dansmaat kan ‘n seun of ‘n dogter wees.
  • Indien jy ‘n maat van dieselfde geslag kies, besluit wie die “seun” en wie die “dogter” gaan wees.

Vertroue

  • Kyk na jou dansmaat.
  • Laat jou dansmaat (die seun) sy hande om jou middel plaas en jou oplig en weer laat sak.
  • Die seun moet die meisie oplig en net voordat hy haar weer neersit, moet hy haar deur sy bene laat gly.
  • Die seun moet die dogter oplig – hande steeds om die middel – en voordat hy haar laat sak, moet sy op sy middel sit met reguit bene.

Die Draaie

  • Dansmaats moet albei hande vashou – kyk na mekaar – en beweeg op maat van die musiek (enige bewegings waarmee julle gemaklik voel).
  • Die seun moet die meisie se een hand los en haar lei in ‘n volle draai.
  • Die meisie draai terug na die seun – sonder om sy hand te los – en kyk weer na die seun na die draai – die seun neem weer albei hande in syne.
  • Eksperimenteer met draaie na die kant, sowel as na voor.

Die Dans

  • Eksperimenteer met verskillende vlakke (hoog, middel, laag).
  • Eksperimenteer met verskillende oplig-aksies (“lifts”).
  • Eksperimenteer met verskillende draaie.
  • Beweeg met die musiek terwyl julle altwee hande vashou.
  • Beweeg met die musiek terwyl julle net een hand vashou.
  • Ondersoek verskillende rigtingveranderings terwyl julle dans.
  • Kombineer beweging, oplig-aksies, draaie, vlakke en rigtingveranderings.

Aktiwiteit 4

Om na dansoefeninge korrek af te koel en te strek

  • Dit is belangrik om die spiere wat gebruik is gedurende die oefening te strek anders sal jy “stywe” spiere ervaar.
  • Kies musiek met ‘n stadige tempo.

Asemhalingsoefening

  • Staan met jou bene heupwydte van mekaar af – arms langs jou sye.
  • Asem in deur jou neus – lig jou arms op bo jou kop.
  • Asem uit deur jou mond – laat sak jou arms en buig jou knieë terselfdertyd.

Nekstrek

  • Lig jou regterarm reguit op, sit jou arm oor jou kop – raak die linkerkant van jou kop.
  • Trek jou kop stadig na die regterkant met jou regterhand – laat sak jou linkerskouer.
  • Herhaal aan die linkerkant.

Armstrek

  • Neem die regterarm oor jou bors en met die linkerhand trek jou arm stadig na jou bolyf.
  • Herhaal met die linkerarm.

Borsstrek

  • Neem jou arms reguit agtertoe en vat jou hande vas agter jou rug – maak jou borskas oop – trek jou arms weg van jou lyf.

Rugstrek

  • Bring jou arms reguit vorentoe – vat jou hande saam – maak jou skouerblaaie oop – trek jou maag in – buig jou bolyf effens vorentoe – hou jou knieë gebuig – trek jou arms weg van jou lyf – laat sak jou kop.

Hampees en kuitstrek

  • Sit een voet voor die ander – maak die knie van die voorste been reguit – buig die ander been effens – lig die tone van die voorste reguit been – hou jou hak op die vloer – buig jou bolyf stadig vorentoe – hou jou rug reguit – sit jou hande op jou knieë – behou die strek vir agt tellings.
  • Ruil bene om.

Bobeenstrek

  • Staan regop – voete heupwydte van mekaar af – lig een been agtertoe en buig jou knie (hak na boud) – hou ondersteunende been effens gebuig – hou en trek die voet na jou boud met jou hand – lig en maak ander arm reguit vir balans – hou strekposisie vir agt tellings. Ruil bene om.
  • Skud alle beweeglike liggaamsdele.
  • Herhaal asemhalingsoefening.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 4
skepping, interpretasie en aanbiedingDie leerder is in staat om werk in elk van die kunsvorme te skep, te interpreteer en aan te bied.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
MUSIEK
4.5 geslags- en/of kulturele stereotipering in lirieke en die gebruik van instrumente in die verlede en die hede kan identifiseer en verduidelik;
DRAMA
4.3 stereotipering volgens ouderdom, geslag, klas en kultuur in stories, teater, film, op televisie en oor die radio in die verlede en die hede kan identifiseer; en
4.4 ‘n kort skets of toneeltjie kan ontwikkel om die probleme van stereotipering, diskriminasie en vooroordeel in die skool of plaaslike gemeenskap te beklemtoon;
DANS
4.1 anders geskikte mense en inklusiwiteit in dans verstaan en daaroor kan praat;
4.2 die rolle tradisioneel aan verskillende geslagte in dans toegeken, kan debatteer deur verskillende oogpunte te herken en uit te druk;
VISUELE KUNS
4.6 kommunikasie binne die verskillende vorms van massa-media kan sien en analiseer en ooglopende en versteekte boodskappe, vooroordele, stereotipering of propaganda kan identifiseer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11045/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask