<< Chapter < Page Chapter >> Page >

 Dowe of hardhorende persone

 Parapleë (verlamming van die onderlyf)

Hou die volgende vyf basiese liggaamsaktiwiteite in gedagte wanneer jy jou dansroetines ontwikkel:

beweging ( beweeg van een plek na ‘n ander)

draai (om om ‘n as te draai)

elevasie (om na ‘n hoër vlak te beweeg)

gebare (beweging van die arms, kop of liggaam om ‘n idee of emosie uit te druk of te beklemtoon)

gewigsverskuiwing (om liggaamsgewig van een plek na ‘n ander te verskuif)

Dans en Blindheid

  • Die verlies van sig belemmer of beperk nie beweging nie. Die liggaam is nog steeds in staat om op ‘n normale manier te beweeg en die musiek kan gehoor word.

Oefening: Blindheid

  • Blinddoek jouself.
  • Speel ‘n geselekteerde musiekstuk.
  • Beweeg op een plek.
  • Ontwikkel armbewegings.
  • Ontwikkel kopbewegings.
  • Ontwikkel bolyfbewegings.
  • Ontwikkel beenbewegings.
  • Kombineer geselekteerde bewegings.
  • Beweeg en verander van rigting.
  • Kombineer geselekteerde bewegings en beweeg in verskillende rigtings.

Dans en die Dowe of Hardhorende

  • Verlies van gehoor beïnvloed nie die beweging van die liggaam nie. Die persoon kan nog steeds sien, voel en beweeg.

Oefening: Doofheid

  • Sit oorpluisies of watte in jou ore.
  • Sit op die vloer en plaas jou hande op die vloer.
  • Speel musiek met ‘n definitiewe tromslag – tradisionele Afrikamusiek, Rock ,ens.
  • Ervaar die musiek deur die vloer.
  • Staan kaalvoet op die vloer en voel die musiek deur die vloer.
  • Beweeg op maat van die trom- of basslag deur al jou liggaamsdele te gebruik.
  • Selekteer bewegings en kombineer geselekteerde bewegings.
  • Verfyn en oefen jou bewegings, seksies en hele dans.
  • Kombineer aparte kwaliteite – bv. sterk of vinnig of sag en stadig – met ‘n reeks aksies.
  • Ontwikkel groter sensitiwiteit vir die ritme en ritmiese veranderings.
  • Ontwikkel duidelikheid van vorm, rigting, vlakke en grootte in die uitvoer van verskillende aksies.

Dans en Parapleë

  • Die beperking van beweging is slegs in die onderlyf. Die bolyf (kop, arms, torso) kan nog steeds vrylik beweeg.

Oefening: Parapleë

  • Sit op ‘n stoel.
  • Maak jou bene aan die stoel vas.
  • Kies ‘n musiekstuk en beweeg jou bolyf met die musiek.
  • Isoleer die beweeglike liggaamsdele, bv. arms, kop, bolyf.
  • Isoleer twee of drie beweeglike liggaamsdele in eenvoudige koördinasies.
  • Ontdek verskillende maniere om elke liggaamsaksie uit te voer.
  • Toon duidelikheid van vorm, rigting, vlakke en grootte met die uitvoering van die verskillende aksies.
  • Verstaan en gebruik kwalitatiewe en die beperkte ruimtelike elemente as ekspressiewe eienskappe van jou dans.
  • Ervaar die ontwerp en uitvoering van hierdie dans, gebaseer op stemming en gevoel, neem meer verantwoordelikheid vir die keuse van jou aksies, kwaliteite, spesiale- en verhoudingseienskappe met die uitvoering.

Aktiwiteit 3

Om die deelname van geslagte (mans en vroue) aanROCK ‘N ROLL te bespreek

Oefening

Vors die rol van die man en vrou afsonderlik, en in pare, na met betrekking tot dans, bv. in die wals, "foxtrot", tango en "two step".

Vors die dans, musiek, modes en kossoorte van die 1950’s na.

Stel ‘n lêer saam van prente, musiek, kunstenaars, musikante en video’s van hierdie era.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11045/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask