<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Vermenigvuldiging en deling

Deling

Opvoeders afdeling

Memorandum

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om ‘n reeks tegnieke te gebruik om berekeninge te doen [lu 1.10.2]

Verdeel in groepe van drie. Vra jul opvoeder vir die nodige papier en beantwoord die volgende vrae so akkuraat en netjies moontlik:

1. Die produk van twee getalle is 20 856. As die een getal 79 is, wat is die ander getal?

2. Meneer Dlamini se hart klop 4 500 keer in een uur. Hoeveel slae klop sy hart per minuut?

3. By ‘n sekere prystrekking word aangekondig dat die wennommer presies deelbaar deur 26 is. Zwandor se kaartjie se nommer is 15 249. Is hy die wenner?

4. As 293 identiese olifanttande altesaam 21 975 kg weeg, hoeveel kg weeg een olifanttand?

5. Busse word gehuur om 48 675 toeskouers na ‘n sokkerwedstryd te vervoer. As elke bus plek het vir 113 toeskouers, hoeveel busse is nodig om almal by die sokkerwedstryd te kry?

6. Kontroleer jul antwoorde met ‘n sakrekenaar.

7. Verduidelik aan die res van die klas hoe julle groep die antwoorde bereken het.

8. Vergelyk jul metodes. Hoe verskil hulle van mekaar?

GROEPASSESSERING

Beoordeel julself op ‘n skaal van 1 tot 4

KRITERIA 1 2 3 4
Samewerking in die groep Benodig aandag Redelik goed Baie goed Uitstekend
Netheid van berekeninge Benodig aandag Redelik goed Baie goed Uitstekend
Wiskunde foute 0 – 29% foutloos 30 – 49% foutloos 50 – 79% foutloos 80 – 100% foutloos

Het jy geweet?

Dinosourusse kon tot 2 400 tande in hul bekke hê, terwyl ons net 28 het!

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n verskeidenheid tegnieke gebruik om sowel skriftelike as hoofberekeninge met heelgetalle te doen, insluitend:

1.10.2: langdeling.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask