<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Energie-oordrag en kragte

A. kragte

Opvoeders afdeling

Memorandum

Leerder skryf ‘n paragraaf oor gravitasiekrag of elektrostatiese krag. Hulle kan van bronne voorsien word.

LEERDER AFDELING

Inhoud

Aktiwiteit: om die werking van elektrostatiese of gravitasiekrag te beskryf [lu 2.1]

Ons gaan later in die module meer van magnetisme leer. Kies dus een van die ander twee kragte wat op ‘n afstand werk en skryf ‘n paragraaf om dit te omskryf en te verduidelik hoe dit werk.

3. Die meting van krag

Kragte kan gemeet word deur te kyk hoeveel dit ‘n spiraalveer of ‘n gomlastiekrekkie laat rek. ‘n Britse wetenskaplike, Robert Hooke het baie jare gelede ontdek dat die uitrekking van ‘n veer eweredig is aan die krag wat die uitrekking veroorsaak. Indien ‘n sekere krag die veer 1 cm uitrek, sal ‘n krag wat drie keer so groot is, die veer 3 cm laat uitrek. Hoe swaarder die voorwerp, hoe meer rek die veer uit.

As ‘n voorwerp swaar is, sê ons die trekkrag tussen die aarde en die voorwerp is groot. Ons kan dus sê dat gewig ‘n krag is. Gewig is die aantrekkingskrag van die aarde op die voorwerp. Die gewig van ‘n voorwerp kan dus bepaal word deur te meet hoeveel ‘n veer uitrek.

Die eenheid waarin ons krag (gewig) meet, is die newton (N). Dit is genoem na sir Isaac Newton, een van die grootste wetenskaplikes van alle tye. Om ‘n krag te meet, kan ons gebruik maak van ‘n trekskaal wat in newton gekalibreer is. Ons kan dit dan ook ‘n kragmeter noem.

Assessering

Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenisvolle inligting onthou: onthou, ten minste, definisies en komplekse feite.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 16, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11078/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask