<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Energie-oordrag en kragte

A.kragte

Opvoeders afdeling

Memorandum

Fig 1 - ‘n krag kan ‘n bewegende voorwerp se rigting verander

Fig 2 - ‘n krag kan ‘n bewegende voorwerp tot stilstand bring

Fig 3 - ‘n krag kan ‘n voorwerp se vorm verander

Fig 4 - ‘n krag kan die spoed van ‘n bewegende voorwerp verander

Fig 5 - ‘n krag kan ‘n voorwerp laat roteer

Leerder afdeling

Inhoud

1. Kontakkragte

Die motor in die illustrasie het onklaar geraak en kan nie vanself beweeg nie. Die insleepwa moet die motor trek .

Hierdie motor kan ook nie vanself beweeg nie. Die man moet dit stoot .

Wanneer iets gestoot of getrek moet word, sê ons dat jy krag daarop uitoefen . Jy gebruik dus ‘n afstotende krag om iets van jou af weg te stoot en ‘n aantrekkende krag as jy iets na jou toe trek.

Kyk na die volgende illustrasies en dui aan of dit afstotende of aantrekkende kragte toon.

Ons kan krag nie sien nie, maar ons weet dit is daar, want ons kan die uitwerking daarvan waarneem. In die vorige illustrasies het ons gesien dat ‘n krag ‘n stilstaande voorwerp kan beweeg.

AKTIWITEIT: Om die uitwerking van kragte te identifiseer [LU 1.3]

In die volgende prente word nog uitwerkings van kragte geïllustreer. Kan jy dit identifiseer?

Fig. 1: Die tennisspeler slaan die bal weg van haar af.

Fig. 2: Die bestuurder rem die motor om te stop.

Fig. 3 ‘n Trekkrag word op die rekkie uitgeoefen

Fig. 4: ‘n Stootkrag in dieselfde rigting as die beweging word op die rollende bal uitgeoefen

Fig. 5: Die atleet gaan die hamer in die rondte swaai

Noteer jou afleidings:

Fig 1: _______________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Fig 2: _______________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Fig 3: _______________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Fig 4: _______________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Fig 5: _______________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Soms is die uitwerking van krag onsigbaar. Wanneer jy teen ‘n muur druk, oefen jy wel krag uit, maar daar is geen sigbare uitwerking nie. Wanneer jy ‘n eier tussen jou hand en die muur sit, sal jy wel ontdek dat jy ‘n krag uitgeoefen het!

2. Kragte wat op ‘n afstand werk:

Dit is ook moontlik om voorwerpe in beweging te bring of hul vorm of rigting te verander sonder dat iets aan hulle raak . Kragte wat sonder kontak ‘n uitwerking op voorwerpe kan hê, noem ons kragte wat op ‘n afstand werk .

Daar is drie soorte kragte wat sonder kontak ‘n uitwerking op voorwerpe kan hê:

  • Magnetiese krag
  • Elektrostatiese krag
  • Gravitasiekrag

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindings kommunikeer: veralgemeen ten opsigte van ‘n relevante aspek en beskryf hoe die data die veralgemening steun.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 16, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11078/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask