<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 4

MY WOONPLEK

Module 17

DIE BADKAMER EN KOMBUIS

Die badkamer

Aktiwiteit 1

Om te leer om korrek te spel [LU 4.5.2]

Woordeskat

Skommel die volgende letters om die woorde reg te skryf: [15 min.]

(i) abkasw ................................................................................

(ii) okehnadd ................................................................................

(iii) rstot ................................................................................

(iv) ltieot ................................................................................

(v) pese ................................................................................

(vi) lwsapa ................................................................................

(vii) nsosp ................................................................................

(viii) pstnrdaeaat ................................................................................

(ix) psiële ................................................................................

(x) nkara .................................................................................

Aktiwiteit 2

Om te leer om leestekens korrek te gebruik [lu 4.5.3, 6.2.14]

(a) Krane wat lek (Leestekens)

Die krane in die badkamer het gelek en die volgende druppels het uitgeval. Lees die sinne hieronder en kyk of julle kan sien waar die tekens wegkruip. Merk dit in die kleure soos aangedui.

blou groen oranje rooi

In die badkamer is 'n bad, 'n wasbak, 'n stort en 'n toilet. As ek wil bad, draai ek die krane oop en tap die bad vol water. Mag ek in die bad speel? Ja, ek mag. Oppas! Jy sal in die bad gly. Mamma, sal Mamma my asseblief kom afdroog?

Bespreek nou in jul groepe waarvoor elke druppelteken staan en hoekom die tekens op dié spesifieke plekke gebruik word. Vertel aan die ander groepe wat jul groepie dink.

(b) Vul nou die tekens by die volgende sinne in. Probeer dit eers op jou eie en merk af op die kontrolelys om te kontroleer of jy alle reëls nagekom het.

(i) Sammy het jy jou tande geborsel

(ii) Eina die water is warm

(iii) Gebruik jy 'n waslap 'n spons of 'n naelborseltjie

(iv) Ja ek het die krane toegedraai

(v) As ek klaar gebad het droog ek myself met 'n handdoek af

(vi) Pat gaan bad dadelik

(vii) Nee die seep ruik nie lekker nie

KONTROLELYS VIR LEESTEKENS Ek het onthou Ek het nie onthou nie
Plaas ‘n komma:
tussen items wat opgenoem word;
tussen aksies wat opgenoem word;
na “nee” en “ja” aan die begin van ‘n sin;
na die naam van ‘n persoon wat jy aanspreek, veral aan die begin van ‘n sin.
Plaas ‘n punt aan die einde van ‘n sin. Plaas ‘n vraagteken aan die einde van ‘n vraag. Plaas ‘n uitroepteken: by woorde wat uitgeroep word; aan die einde van ‘n sin wat uitgeroep word.

Aktiwiteit 3

Om ‘n eenvoudige plan te lees [LU 3.3.1]

Die kombuis

(a) Kyk hoe lyk die kombuis (lees en afleidings maak)

Kyk mooi na die prentjie van die kombuis.

Lees die volgende sinne en dui aan of die stellings waar, onwaar of nie genoeg bewyse het nie. Doen dit eers op jou eie. Merk die een wat jy kies met 'n .

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11082/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask