<< Chapter < Page Chapter >> Page >

2.4 fantasiewêreld

2.5 versier

2.6 kosbare

2.6 eenvoudige

  • Homonieme is die term wat ons gebruik wanneer ons verwys na verskillende woorde wat eenders lyk (soos die ander “lyk” wat “dooie mens” beteken).

3. Maak nou sinne met die volgende woorde uit die leesstuk (maar met ’n ander betekenis as in die leesstuk)

3.1 knap

3.2 skaal

3.3 modelle

3.4 wyle

3.5 ware

3.6 sin

LU 6.1.9

Aktiwiteit 5

Om ’n wye verskeidenheid tekssoorte vir genot en inligting te lees

  • Lees die volgende tekste – eers stil en dan hardop.

Teks b:

Op my ou ramkietjie C Louis Leipoldt

Op my ou ramkietjie

Met nog net een snaar

Speel ek in die maanskyn,

Deurmekaar.

Ek sing van Adam

En Eva se val,

Van die ou paradys.

“Halfpad mal!”

So sê die mense

Wat my hoor speel

As die skemer my wang soen

Soos ferweel.

As die maan my aanhoor,

En die sterre knik,

Dan speel ek kordaat voort, In my skik.

Wat gee ek om mense Wat sê ek’s mal,As die varings my aanhoor

By die wal?

Wat om my vrinde –

Wat nooit nie verstaan –

As die sterre my toeknik,

En die maan?

Op my ou ramkietjie

Met nog net een snaar

Speel ek in die maanskyn,

Deurmekaar.

Teks c

  • Lees die gedig Denneboom deur D.J. Opperman voor. Dit verskyn in Pret met poësie , wat uitgegee is deur Human en Rousseau.

Teks d

Honiball knap met sy hande (aangepas uit “Die Burger”)

Die strokieskunstenaar T. O. Honiball, wat wyd onder veral die ouer geslag bekend en gelief was vir sy strokieskarakters Jakkals en Wolf, Oom Kaspaas en Adoons-hulle, was ook knap met die maak van miniatuurvoorwerpe.

In die voortuin van mnr. N. Krumm by Negende Laan 64, Boston, Bellville, staan ’n windpomp van so 2 m hoog, met die naam Poegaai op sy stert, wat Honiball vir sy eie voortuin gemaak het toe hy en sy vrou, Essie, nog in die huis op die hoek van Agste Laan en Gladstonestraat in Boston gewoon het. Krumm het die windpomp by ’n latere eienaar van die eiendom gekry. Dit is volgens skaal gemaak en geen onderdeel is vasgesweis nie; alles is met klinknaels vasgeheg.

Krumm wil meer oor Honiball se handewerk uitvind en dit opteken. Hy wil ook ’n geelkoperplaat aan die windpomp aanbring waarop die nodige gegewens gegraveer is.

Fred Mouton, spotprenttekenaar van Die Burger, wat ook in Boston woon, vertel dat hy wyle Honiball baie goed geken het. Honiball het ’n werkwinkel gehad waarin hy allerlei miniatuurvoorwerpe gemaak het. Hy het dit gewoonlik as geskenke weggegee. Hy het ’n hele kamer met ’n Duitse miniatuur­treintrajek ingerig nadat hy eers die landskap gebou het. Dit was ’n ware fantasie­wêreld in die kleine waar Honiball ure kon verwyl.

Toe hy en Essie later aan die Valsbaaise kus gewoon het, het Honiball ook daar ’n werkkamer gehad waar hy modelle gebou het wanneer hy nie geteken het nie. Selfs die talle briewe wat hy aan bewonderaars geskryf het, is met sy strokies­karakters versier. Dit is vandag kosbare Africana as die mense dit bewaar, sê Mouton.

Honiball het ook sy eie rolprente met ’n eenvoudige Cine-kamera gemaak en dit met sy kunswerke aangevul tot wonderbaarlike kykmateriaal. Hy was ’n wonder­like mens met soveel skeppende kunstalent en ’n fyn sin vir humor, volgens Mouton.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask