<< Chapter < Page Chapter >> Page >

2. Noem die inligting wat die leesstuk gee op grond waarvan ’n mens kan sê die blikkitare is uniek .

3. Rolspel en onderhoudvoering: Verbeel julle dat een van julle ’n radiojoernalis is wat ’n onderhoud met ’n bekende musikant soos Jimmy Dludlu, Valiant Swart of Karen Zoid moet voer. Die onderhoud word op ’n tienerprogram uitgesaai. Stel gepaste vrae aan die musikant (jou maat). Wanneer jy die vrae opstel, kan jy aan kwessies dink soos vroueregte, kritiek, die kwaliteit van Afrikaanse musiek, die kwistige gebruik van Engelse woorde op musiekprogramme soos Geraas! en popsterre as rolmodelle. Skryf jou vrae hier neer, maar moenie na jou notas kyk terwyl jy die onderhoud voer nie. Jy moet goed voorbereid wees.

4. Kies een van die volgende onderwerpe en reël onder leiding van jul onderwyser ’n debatsbespreking daaroor:

  • Afrikaanse musiek is vervelig en alles klink eenders.
  • Woorde soos “show”, “nice”, “stunning” en “great” behoort nie in Afrikaanse programme / deur Afrikaanse kunstenaars gebruik te word nie.
  • Daar is plek vir kwaito en hip-hop in Afrikaanse musiek.
  • Ou Afrikaanse liedjies soos “Ou Ryperd” is net vir plaasjapies.

Skryf basiese aantekeninge hier neer:

5. Identifiseer kenmerke wat tot die sukses van jou eie kommunikasie bydra. Skryf alles neer wat jy as goeie eienskappe van jou kommunikasievermoë in die aktiwiteite hierbo beskou.

LU 2.2 LU 2.3 LU 2.4 LU 2.5 LU 2.6

Aktiwiteit 3

Om met sinne te werk (direkte en indirekte rede)

Wanneer ons wil neerskryf presies wat iemand sê (sy DIREKTE woorde dus), noem ons dit die DIREKTE REDE, en wanneer ons deur ’n (derde) persoon die strekking van iemand se woorde weergee, staan dit bekend as die INDIREKTE REDE.

Die sigbaarste verskil tussen die twee maniere van woorde weergee sien ons aan die aanhalingstekens (in die direkte rede) en die gebrek aan aanhalingstekens (indirekte rede).

Ander verskille kom voor in

  • die persoonsvorme : “ek” word bv. “hy” of “sy,” met die ooreenkomstige aanpassings in die vorm: “My”: “sy”/ “haar,” “myne”: “syne”/ “hare”, ens.
  • die tydsvorme : “vandag”/ “gister” ens. word “daardie dag”/ “die vorige dag” ens.
  • Skryf nou die volgende sinne/gedeeltes oor in die DIREKTE of INDIREKTE REDE, na gelang van die konteks.

1. Valiant Swart kan nie uitgepraat raak oor sy Blikkies nie. “My BP Super Turps met Windhoek-bierdoppies (vir klank) gaan oral saam met my.”

2. Volgens mnr. Graeme Wells van Afri-Can in Bellville stroom bestellings vir dié eg Suid-Afrikaanse produk in.

3. Wells het gesê die ramkies word gemaak om in elkeen se individuele smaak te val.

LU 6.2.8

Aktiwiteit 4

Om met woorde te werk (sinonieme, antonieme en homonieme)

1. Gee ander woorde (sinonieme) vir die volgende woorde in die leesstuk. Jy kan ook in ’n woordeboek of tesourus naslaan as jy wil. Onthou, dit moet binne die konteks van die leesstuk pas.

1.1 knap

1.2 gelief

1.3 opteken

1.4 gegewens

1.5 wyle

1.6 treintrajek

1.7 verwyl

1.8 skeppende

2. Verskaf nou woorde wat die teenoorgestelde beteken as die volgende woorde uit die leesstuk ( antonieme ).

2.1 knap

2.2 latere

2.3 gewoonlik

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask