<< Chapter < Page Chapter >> Page >

[3]

5. Skryf elk van die volgende as algebraïese vergelykings en los op.

5.1 Nege keer ’n sekere getal is 28 meer as vyf keer die getal. Wat is die getal?

[2]

5.2 ’n Reghoek, waarvan die omtrek 108 cm is, se lengte is vier meer as die breedte. Bereken:

5.2.1 die lengte en breedte

[4]

5.2.2 die oppervlakte van die reghoek

[2]

6. Die som van vier opeenvolgende onewe getalle is 112.Bepaal die vier getalle.

[4]

7. ’n Boek word oopgemaak, en die produk van die bladsynommer van die linkerblad en die van die regterblad, word bepaal. Die produk is 6 162.Wat is die linkerblad se nommer?

[3]

Assessering van myself: deur myself: Assessering deur opvoeder:
Ek kan… 1 2 3 4 Kritieke Uitkomste 1 2 3 4
’n vergelyking definieer; (Lu 1.2.1 ; 1.2.2); Kritiese en skeppende denke
eenvoudige vergelykings oplos d.m.v. inspeksie; (Lu 1.8 ; 2.5); Deelname
enige vergelyking oplos al is hakies teenwoordig; (Lu 1.8 ; 2.5); Organisering en bestuur
woordprobleme as vergelykings skryf en dit dan oplos; (Lu 1.8 ; 2.5; 2.8.6); Prosessering van inligting
ingewikkelde woordprobleme oplos. (Lu 1.8 ; 2.5 ; 2.8.6). Kommunikasie
Probleemoplossing
Selfstandigheid

goed gedeeltelik nie goed nie

Kommentaar deur die leerder: My plan van aksie: My punte:
Ek is besonder tevrede met die standaard van my werk. < Datum :
Ek is tevrede met die vordering van my werk. Uit:
Ek het hard gewerk, maar is nie tevrede met my prestasie nie. Leerder :
Ek het nie my beste gelewer nie. >
Kommentaar deur ouers: Kommentaar deur opvoeder:
Handtekening: Datum : Handtekening: Datum :

Toets: (Vergelykings)

Totaal: 45

1. Los op vir x :

1.1 x + 5 = 39 [2]

1.2 7 - 3 x = 1 [2]

1.3 2( x + 5) = 18 [3]

1.4 8 = 40 - 2 x [2]

1.5 2( x - 3) - ( x + 1) = 5 x - 4 [4]

1.6 3 x + 6 = 15 [2]

1.7 x 2 size 12{ { {x} over {2} } } {} = 4 [2]

1.8 2(3 x + 24) = 114 [3]

1.9 10 x + 9 = 7 x + 30 [3]

1.10 1 / 3 (3 x - 6) - 2( x + 1½) = 7 [4]

[27]

2. Los die volgende woordprobleme op:

2.1 As 5 van ’n sekere getal afgetrek word en die antwoord word deur 3 gedeel, is die antwoord 4. Bereken die getal.

[3]

2.2 Die som van drie opeenvolgende ewe getalle is 66. Bereken die drie getalle.

[3]

2.3 Die lengte van ’n reghoek is 5,5 cm langer as die breedte. As die omtrek van die reghoek 27 cm is, bereken die breedte.

[4]

2.4 Jonte se ouderdom is vyf keer die van sy dogter. As die som van hul ouderdomme 60 jaar is, hoe oud is die dogter?

[4]

2.5 Gareth is 5 keer so oud soos sy seun. Oor 5 jaar sal hy 3 keer so oud wees soos sy seun. Hoe oud is die seun nou?

[4]

3. Bonuspuntvraag

Gegee: 1 / 2 a + 2 a = 7

Bepaal die waarde van 1 4a 2 + 4a 2 size 12{ { {1} over {4a rSup { size 8{2} } } } `+`4a rSup { size 8{2} } } {}

[3]

Verrykingsoefening vir die vinnige werker

1. As die produk 2 12 x 5 8 ontwikkel word, hoeveel syfers sal daar in die antwoord wees?

2. 6² = 36. Hoeveel ander positiewe enkelsyfer getalle se kwadraat eindig in dieselfde syfer as die getal wat jy gekwadreer het?

3. Indien die driesyfer getal 2A3 by 326 getel word, gee dit 5T9. Indien 5T9 deelbaar is deur 9, dan is A + T gelyk aan ....

4. Indien ’n viersyfer getal wat met 34 begin, afgetrek word van ’n viersyfer getal wat met 199 begin, dan is die grootste moontlike antwoord ...

5. As jy 1,2,3,6 in elke moontlike volgorde skryf om 4-syfers getalle te vorm, hoeveel van hulle is deelbaar deur 4?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11033/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask