<< Chapter < Page Chapter >> Page >

4.4 Jessica koop drie keer soveel lemoene as piesangs. As die lemoene 45c elk en die piesang 18c elk kos, hoeveel van elke soort het sy gekoop as die totale koste R 18,36 was?

4.5 Cameron is agt jaar ouer as Liam. Ses jaar gelede was Cameron drie keer so oud soos Liam. Hoe oud is hulle nou?

4.6 Jy het 50 seëls by die Poskantoor gekoop. Dit sluit R1,20 seëls en R2, 40 seëls in.Indien die totale waarde van die seëls R 58,80 is, bepaal hoeveel jy van elke soort seël gekoop het.

4.7 Verdeel ’n stuk tuinslang van 18 m in twee dele, sodat die een stuk 550 mm langer as twee keer die ander stuk is. Bepaal die lengte van die twee stukke tuinslang.

4.8 18 vrouens en 25 dogters het ’n totale massa van 3 792 kg.Die dogters het almal dieselfde massa en elke vrou weeg drie keer swaarder as ’n dogter. Bepaal die massa van ’n vrou en ’n dogter.

4.9 Die ene-syfer van ’n tweesyfer-getal is dubbel die tiene-syfer van die getal. As die twee syfers omgeruil word, ontstaan ’n getal wat 36 meer is as die oorspronklike getal. Bereken die oorspronklik twee-syfergetal.

  • Daar is 25 meer leerders in graad 10 as in graad 9 en 32 meer leerders in graad 8 as in graad 9. Indien die totale aantal leerders van grade 8 tot 10 732 is, bereken hoeveel leerders daar in elke graad is.

L e ereenhei d 2 Assessering 2.1

Assessering van myself: deur myself: Assessering deur opvoeder:
Ek kan… 1 2 3 4 Kritieke Uitkomste 1 2 3 4
eenvoudige vergelykings oplos d.m.v. inspeksie; (Lu 1.8); Kritiese en skeppende denke
eenvoudige vergelykings oplos en die korrekte antwoord uit ’n gegewe versameling kies; (Lu 1.8); Deelname
hakies verwyder en dan ’n vergelyking oplos; (Lu 2.5; 2.8.4); Organisering en bestuur
vergelykings oplos waarin breuke voorkom; (Lu 1.8; 2.5) Prosessering van inligting
woordprobleme in algebraïese uitdrukkings uitdruk, (Lu 2.8.6); Kommunikasie
en dan vergelykings oplos. (Lu 2.5). Probleemoplossing
Selfstandigheid

goed gedeeltelik nie goed nie

Kommentaar deur die leerder: My plan van aksie: My punte:
Ek is besonder tevrede met die standaard van my werk. < Datum :
Ek is tevrede met die vordering van my werk. Uit:
Ek het hard gewerk, maar is nie tevrede met my prestasie nie. Leerder :
Ek het nie my beste gelewer nie. >
Kommentaar deur ouers: Kommentaar deur opvoeder:
Handtekening: Datum : Handtekening: Datum :

Tutoriaal: (Vergelykings)

Totaal: 50

1. Beskou die volgende: 5 x = 1

1.1 Stel bogenoemde ’n “vergelyking” voor? Gee ’n rede vir jou antwoord.

[2]

1.2 Bepaal nou die moontlike waarde vir x deur inspeksie.

[1]

2. Bepaal die waarde van a in elk van die volgende gevalle, deur slegs die antwoord neer te skryf (INSPEKSIE)

2.1 a + 7 = 19

2.2 5 a - 7 = 28

2.3 6 a - 7 = 3a

2.4 4 a / 3 + 5 = 9

2.5 4 / 3 a + 5 2 / 3 = 6

[5 x 2= 10]

3. Bereken p in elk van die volgende deur van substitusie gebruik te maak, rond alle antwoorde korrek tot 3 desimale syfers af.

3.1 f = 4(2 b - p ) , f = 32 en b = 9

[3]

3.2 f = p / r , f = 45,67 en r = 21,3

[3]

4. Bereken die waarde van a in elk van die volgende, volledig.

4.1 7 a + a / 3 = 5(2 + 3)

[3]

4.2 a (4 a - 3) = (-2 a

[3]

4.3 -4( a - 2) = 3( a - 4)

[3]

4.4 5( a + 3) + 4 a + 5 = 2( a - 7)

[4]

4.5 5 a = -2( a - 3)

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11033/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask