<< Chapter < Page Chapter >> Page >

1.1 Waarom neem werkverskaffing af as die eienaar van ‘n onderneming geld aan die bank skuld?

1.2 Is die vraag by 1.1 van toepassing op alle terreine of slegs op die landbougebied?

2 Dink jy dat al die mense in die klerebedryf soos: materiaalvervaardigers, kleremakers, klereverkopers en klere-aankopers deur:

2.1 die mode en

2.2 armoede beïnvloed is?

3.1 Om watter rede het die Britte (sien die Sandrivierkonvensie in Leesstuk 1) hul beheer oor die Boererepublieke prysgegee?

3.2 Waarom wou Cecil John Rhodes in hierdie leesstuk die Transvaal annekseer?

4 Waarom het werkverskaffing afgeneem op plase en in stede, maar toegeneem op die myne?

LU 1.4 LU 1.5 LU 2.1 LU 2.2 LU 3.3
LU 3.4

LEESSTUK 2

Oorloë tussen die Zoeloes en die Britte

In 1877 het die Negende Grensoorlog, soos dit in daardie tyd genoem is, tussen die Zoeloes en die Britse soldate in die Kaapkolonie uitgebreek. Die oorlog het meer as ‘n jaar aangehou en daarna het die Britte die oorblywende gedeeltes van die Transkei wat nog onafhanklik was, geannekseer. Pondoland is laaste geannekseer, in 1894.

In 1879 het daar weer eens oorlog uitgebreek tussen die Britte en die Zoeloes in Natal. Ten spyte van ‘n groot aanvanklike oorwinning, die geveg van Isandhlwana, waarin Cetshwayo die Britse soldate verlaan het, is die Zoeloes tog verslaan. Cetshwayo is gevangene geneem en in die kasteel aangehou. Hierdie oorlog staan bekend as die Anglo-Zoeloe-oorlog. Brittanje was nou in beheer van Zoeloeland.

LEESSTUK 3

Die Wet op Naturellegrond van 1913 [Naturellen Grond Wet (No.27 van 1913)]

Chinese en Indiërwekers is ingevoer om op die myne en die suikerplantasies in Natal te werk. Hulle kon nie, soos die swart werkers, na ‘n drie maande-kontrak terugkeer na hul tuislande nie. Toe dit vir die regerings moeilik raak om hierdie kampongs te polisieer, het hulle probeer om die Indiërs en Chinese te repatrieer. Alhoewel die meeste Chinese na China toe teruggekeer het, wou die Indiërs eerder in Suid-Afrika bly, so-dat repatriasie onsuksesvol was.

Die volgende poging om die invloei van werkers te beheer, was die Wet op Naturellegrond van 1913. Daarvolgens is alle mense gegroepeer volgens hul velkleur en kultuur en moes in ‘n spesifieke area woon. Swart mense moes in hul eie tuislande woon. Hulle kon gekontrakteer word om in die myne, plase en plantasies te werk, maar moes dan daarna terugkeer na die areas wat aan hul toegewys is. Hierdie areas is tuislande of reservate genoem. Die beleid om mense te skei volgens kleur, kultuur en woonplek, is segregasie genoem.

  • Jou eie opinie oor segregasie. Motiveer.
LU 1.5 LU 2.1 LU 2.3

LEESSTUK 4

Suiker en Arbeid in Natal

TYDLYN : GANDI

1869 : Op 2 Oktober is Mohandas Karamchand Gandi gebore.

1888 : Gandi vertrek per skip na Londen.

1890 : Hy slaag Britse matriek.

1891 : Vertrek na Indië, waar hy sy eie regspraktyk begin. Hy word toegelaat tot die Hooggeregshof in Bombaai.

1893 : Terug in SA werk hy vir ‘n Moslemse regsfirma. Hy ervaar sy mense se probleme met die Kleurslagboomwet.

1894 : Gandi stig die Natalse Indiërkongres.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11043/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask