<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Troeteldiere

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

In Graad 2 sal die leerders voortbou op die woordeskat wat in Graad 1 bekend gestel is. Baie geleenthede moet geskep word om hul luister- en praatvaardighede te ontwikkel sodat lees en skrif daarop kan volg.

‘n Uitgebreide woordeskat is noodsaaklik. Terwyl reeds bekende woorde vasgelê word, word nuwe woordeskat in stories, rympies, gediggies en speletjies ingevoer.

Leerders word aangemoedig om vrae te beantwoord en deel te neem aan besprekings en gesprekke in die addisionele taal.

Leerders se aandag word gevestig op die verskil in die indiwiduele klanke van die nuwe taal. Leerders ontdek dat sommige klanke dieselfde bly en sommige verander. Die opvoeder sal toevallig aandag gee aan die korrekte uitspraak.

TYDSKEDULE VIR MODULES 1 - 5

Daar word voorgestel dat al die leerders al vyf modules voltooi.

‘n Gedig oor troeteldiere word aan die leerders voorgelees, vrae word gevra en aktiwiteite volg. Leerders speel ‘n speletjie met kaarte waarop die prente van die troeteldiere is en hulle word aangemoedig om spontaan daaroor te praat.

Rymwoorde, meervoude en paswerk word gedoen.

Die klanke b, d, k, s, h, t, m, e

en a, aa

o, oo word in hierdie module aangeleer.

Verskillende groentes word identifiseer en leerders werk saam om groentesop te kook.

INTEGRASIE VAN TEMAS

‘n Gesonde omgewing is nodig vir al hierdie lewende wesens. (Insekte, voëls, diere, ens.)

  • ‘n Gediggie om na te luister, om oor te gesels, te lees en te leer.
  • Gesels oor klanke wat eenders klink (rym).

1. Leerder kleur die prente in.

2. Knip die 8 prente uit.

3. Pas die regte prente by toepaslike strofe.

4. Speletjie:

  • Draai prente onderstebo.
  • Kies een.
  • Kyk wat die prent is en gesels oor die prent.
  • watter diere is in jou prent?
  • watter kleur is die skoenlapper, wurm, vis, bobbejaan, vuilgoeddrom, ens?
  • Lees eers die woorde en gesels oor die betekenis.
  • Lees dan die sinne saam met leerders en bespreek.

1. Meervoude. Bespreek.

1 kat 2 katte (2 of meer)

1 rot 2 rotte

1 skoenlapper 2 skoenlappers

1 vis 2 visse

1 akkedis 2 akkedisse

1 haas 2 hase

1 bobbejaan 2 bobbejane

1 wortel 2 wortels

1 wurm 2 wurms

2. So word alle meervoude uit gedig gehaal en bespreek.

  • Wys prente en gesels oor insekte, visse, diere en voëls in die gedig.
  • Bespreek geluide.
  • Leerders probeer geluide naboots.
  • Gesels oor groentes.
  • Leerders bring vars en blikkies groente vir uitstalling.
  • Kook groentesop.

Leerders afdeling

Inhoud

Troeteldiere

Daar’s baie troeteldiere in ons straat

Ons bure het ‘n papegaai wat Engels praat.

Daar’s honde wat blaf as die koerantman kom

En ruik en stamp aan die vuilgoeddrom!

Daar’s katte wat miaau en spring oor die mure

As dit koud is lê en spin hulle by die vure.

Onder in die straat is ‘n groot vet skilpad

Hy trek sy kop in sy dop as jy aan hom vat.

My maat hier langs ons het twee spierwit rotte

En ‘n hok vol skoenlappers en wurms en motte.

In die hoek op ons stoep is ‘n mak akkedis

En ‘n ronde bak met ‘n goudgeel vis.

Daar’s twee vet hase wat Ma se plante vreet

Hulle hou van kool en wortels en beet.

Maar die dier waarvan almal die meeste hou

Is die mak bobbejaan wat so swaai aan die tou!

LU 1.6.2 LU 2.7 LU 3.6
LU 1.1.4 LU 2.6 LU 3.1.4
  • Kies die regte woorde en vul in:
hondeskoenlappershaserotte wurmsmottepapegaaiakkedis
Watter twee diere is spierwit?
Watter dier blaf as die koerantman kom?
Watter diere eet graag kool, wortels en beet?
Watter voël kan Engels praat?
Watter dier woon in die hoek op die stoep?
LU 3.5 LU 3.6
  • Takie. Teken:
Drie rooi skoenlappers. Twee bruin akkedisse. Ses geel wortels.
Sewe groen wurms. Vier swart katte. Twee bruin bobbejane.
Tien geel visse. Nege grys motte. Twee bruin skilpaaie.
LU 6.7
  • Kleur die prente in.
  • Knip uit die prente en plaas dit in die regte hokkie.
insekte visse
diere voëls
LU 5.2.3

Assessering

Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder begrip van eenvoudige stories toon:

1.1.4 orden prente en pas byskrifte daarby;

Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:

1.6.2 herken rymwoorde in algemene rympies en liedjies.

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om binne ‘n wye reeks situasies met vertroue in gesproke taal te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.6: Dit is duidelik wanneer die leerder gesels oor ‘n tekening of ‘n prent.

Assesseringstandaard 2.7: Dit is duidelik wanneer die leerder liedjies, aksierympies en eenvoudige gedigte memoriseer.

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om tekste te lees en te ondersoek vir inligting en genot, en krities te reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes daarvan.

Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder prente om geskrewe teks te verstaan gebruik:

3.1.4 pas ‘n sin (‘n onderskrif) by ‘n prent;

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n groot aantal leesboeke (fiksie en nie-fiksie) en bekende rympies op ‘n gepaste taal- en leesvlak vir inligting en genot lees.

Assesseringstandaard 3.6: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n leeswoordeskat van tussen 250 en 500 alledaagse woorde demonstreer; indien leerders hul addisionele taal vir leer in ‘n ander leerarea gaan gebruik, behoort hulle na 500 woorde te mik.

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal om te dink gebruik:

5.2.3 klassifiseer dinge deur soortgelyke dinge saam te sit en die een wat nie pas nie, te identifiseer.

Leeruitkomste 6: TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK : Die leerder is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard 6.7: Dit is duidelik wanneer die leerder sommige negatiewe vorme verstaan en gebruik.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 2. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11111/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask