<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 5

Waar tafelberg begin

Module 6

Toeriste en hul gidse

1. Vandag was weer ‘n besige dag in Kaapstad. Daar was baie toeriste wat die besienswaardighede besoek het. Hieronder is die name van vyf besienswaardighede.

  • Gebruik die leidrade om die rooster te voltooi sodat jy kan agterkom watter toeris waar besoek afgelê het.

Trek ‘n X in die kolom wanneer jy weet die toeris het nie by ‘n sekere plek besoek afgelê nie.

Maak ‘n O in die kolom wanneer jy vasgestel het of hy/sy wel by ‘n sekere plek besoek afgelê het.

Tafelberg Robben­eiland Waterfront Kasteel Kirstenbosch
William Walker
Gertrude Schwarz
Hans van den Hoof
Bantle Tibe
Daniel Kim

Leidrade

i) William Walker het ‘n plek besoek wat met K begin.

ii) Hans van den Hoof het ‘n plek besoek waarvan die naam uit 12 letters bestaan.

iii) Die persoon wat Tafelberg besoek het, se naam begin met ‘n B .

iv) Daniel Kim het ‘n plek besoek waarvan die naam met die letter L eindig.

  • Het julle al een of meer van hierdie plekke besoek? Gesels ‘n bietjie in julle groepe daaroor. Bespreek die volgende dinge:

Waar is dit?

Hoe kan ‘n mens daar kom?

Wat sien of doen ‘n mens daar?

Hoe oud of nuut is hierdie plek?

Hoeveel tyd kan ‘n mens daar deurbring?

  • 'n Toeristegids waarin al die besienswaardighede beskryf word, het 'n paar drukfoute. Kyk of julle kan agterkom watter woorde nie by die volgende plekke pas nie. Trek 'n streep met jou potlood deur die woorde in die tweede kolom wat nie pas nie.
AKWARIUM WATERFRONT
Seeperdjies Biblioteke
Korale Hotelle
Springbokke Restaurante
Pikkewyne Supermark
Skulpe Parkeergarages
Bobbejane Rolprentteaters
Palings Dieretuin
Tenks Poskantoor
Haaie Banke
Klereboetieks

[LU 5.2.5]

  1. Sandra Abrahams is in Graad 5 in die Laerskool Duineveld. Sy gaan vandag saam met haar klas op ‘n uitstappie na Kirstenbosch Botaniese Tuin. Hieronder is ‘n klompie horlosies geteken wat aandui hoe hulle onderwyser die dag beplan het. (Dit verg fyn beplanning van ‘n onderwyser wanneer ‘n klas op ‘n uitstappie gaan.)
  • Lees die tye hardop saam met ‘n maat. Julle kan die tye skriftelik voltooi met die hulp van julle opvoeder.

Die bus vertrek vanaf die skool.

Die bus arriveer by Kirstenbosch.

Leerders kan vir 15 minute ontspan.

Tyd vir middagete.

Bus vertrek vanaf Kirstenbosch.

Bus arriveer by die skool.

Spel

  • Kyk of jy die volgende woorde kan gebruik waar hulle die beste pas:

horlosie minute ure wysers

dae weke maande

sekondes skrikkeljaar sewe

  1. ‘n Mens gebruik ‘n _ om uit te vind hoe laat dit is.
  2. Daar is sestig _ in een minuut.
  3. In elke uur is daar sestig _ .
  4. ‘n Dag bestaan uit vier-en-twintig _ .
  5. Ons kry _ dae in ‘n week.
  6. Daar is twaalf _ in ‘n jaar.
  7. ‘n Jaar het 365 _ behalwe ‘n _ wat uit 366 dae bestaan.
  8. Ons kry twee-en-vyftig _ in ‘n jaar.
  9. ‘n Mens noem die “arms” van ‘n horlosie die _ .

[LU 5.1.2; 6.1.2]

Selfassessering onder leiding van die opvoeder.

Leer hierdie woorde sodat jy hulle korrek kan spel.

Assessering

LU 5

DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

5.1 gebruik taal oor die kurrikulum heen:

5.1.1 verduidelik sekere konsepte wat in ander leerareas gebruik word (bv. reëls in die natuur, in Natuurwetenskap);

5.1.2 toon die vermoë en kennis om woordeskat uit ander leerareas te gebruik;

5.2 gebruik taal om te dink:

5.2.5 identifiseer ooreenkomste en verskille.

5.2.7 beskryf oorsaak en gevolg;

5.2.8 gee menings en redes daarvoor;

5.4 dra inligting van een modus na ‘n ander oor:

5.4.3 gebruik inligting uit ‘n grafiek, tabel of diagram om ‘n teks te skryf.

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

6.1 spel bekende woorde korrek:

6.1.2 alledaagse woorde met enkel- en dubbelvokale en –konsonante (soos: jaar/jare; pen/penne);

6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om skriftelik te kommunikeer:

6.2.3 die verskillende tydsvorme (soos: Sy lees ‘n boek; Hy het die werk gedoen; Ons sal die wedstryd wen);

6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleinings-vorm en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos: jaar/jare; kind/kinders; hondjie; boompie; oom/tante; mannetjie/wyfie);

6.2.14 hoofsaaklik die aktiewe vorm, maar kan die passiewe vorm begin gebruik (soos: Baie tale word in SA gepraat; Die tale word in SA gepraat; Die telefoon is in die 20ste eeu uitgevind);

Memorandum

1. (c)

AKWARIUM WATERFRONT
Visse Biblioteke
Seeperdjies Hotelle
Korale Restaurante
Springbokke Supermarkte
Pikkewyne Parkeergarages
Skulpe Rolprentteaters
Bobbejane Dieretuin
Palings Poskantore
Tenks Banke
Haaie Klereboetieks

2 (b)

1. horlosie

2. sekondes

3. minute

4. ure

5. sewe

6. maande

7. dae; skrikkeljaar

8. weke

9. wysers

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10990/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask