<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 5

SO MAAK MENS

Module 7

TEKSTUELE LEIDRADE EN AFLEIDINGS

AKTIWITEIT 1

OM TEKSTUELE LEIDRADE TE GEBRUIK OM AFLEIDINGS TE MAAK

[LU 3.1.1]

a) Stillees: Lees hierdie laaste gedeelte van die storie oor die goue gans aandagtig deur.

DIE GOUE GANS (vervolg)

Dommie tel die gans met die goue vere op en sit dit onder sy arm. Hy stap tot by ‘n klein gastehuis langs die pad om die nag daar te slaap voordat hy die volgende oggend huis toe gaan. Die eienaar se drie dogters was baie nuuskierig. Hulle wonder watter snaakse gans dit is en wil graag van sy stertvere pluk. Die oudste dogter sê toe: “Ek wíl ‘n veer hê en sál dit kry!”

Toe Dommie daardie aand slaap, sluip sy die buitekamer binne waar die gans slaap. Sy gryp die gans aan sy vlerk, maar tot haar ontsteltenis sit haar hand aan die vlerk vas! Hoe sy ookal sukkel en ruk, sy kan dit nie los kry nie. Net daarna kom haar suster in. Sy wil ook ‘n veer hê, maar toe sy aan haar suster raak, sit sy aan haar vas en kan nie los kom nie. Toe die derde suster inkom, skree hulle vir haar: “Moenie nader kom nie! Bly weg! Bly weg!” Maar sy wil só graag ‘n goue veer hê. Natuurlik, toe sy aan haar susters raak, sit sy ook vas. En daar sit al drie van hulle die hele nag by die gans in die koue buitekamer!

Die volgende oggend staan Dommie op en sit die gans onder sy arm sonder om agter te kom dat die drie susters aan die gans vassit. So stap hulle maar saam, al wil hulle nie.

Langs die pad sien die dominee hulle. “Skaam julle julle nie, dogters, om so agter ‘n seun aan te loop!” Hy gryp die jongste suster aan die hand om haar weg te trek ... en daar sit hy ook vas! Dommie stap net vinnig aan en die dominee volg die drie meisies in die tou. Dit gaan maar swaar met hom, want hy is nie juis fiks nie.

‘n Ent verder sien die koster sy dominee aan die tou mense. “Haai, Dominee, waarheen gaan u so vinnig? U moet kom preek vandag.” Hy hardloop vorentoe en gryp die dominee aan sy jas. En ja, julle raai reg: hy sit ook vas. Nou is daar al vyf in die tou.

Dommie stap net al vinniger verder met sy goue gans en steur hom nie aan die mense wat so agter hom aan drentel nie. Toe sien die dominee twee arbeiders langs die pad. Hy roep hulle om hom te kom help, maar toe hulle aan hom vat, sit hulle ook vas. Sewe in ‘n ry!

Dommie besluit om so ‘n bietjie rond te loop om vreemde plekke te sien. Eindelik kom hy en sy tou volgelinge in ‘n vreemde stad. Die koning daar het ‘n pragtige dogter, maar sy lag nooit nie. Die koning het belowe dat die een wat haar kon laat lag, met haar kon trou. Niemand kon dit regkry nie. Toe Dommie daarvan hoor, gaan hy na die prinses toe. Toe sy die tou mense agter hom sien wat so vinnig saamstap, bars sy uit van die lag. Die koning het by sy belofte gehou: Dommie het met die prinses getrou en hulle was baie gelukkig saam.

Wat van die gans en sy “stert” geword het, weet ek ongelukkig nie.

Die Broers Grimm: Die Goue Gans )

b) Beantwoord nou die volgende vrae:

Watter plan het die drie susters gemaak om van die ganse se vere in die hande te kry?

Questions & Answers

what's Thermochemistry
rhoda Reply
the study of the heat energy which is associated with chemical reactions
Kaddija
How was CH4 and o2 was able to produce (Co2)and (H2o
Edafe Reply
explain please
Victory
First twenty elements with their valences
Martine Reply
what is chemistry
asue Reply
what is atom
asue
what is the best way to define periodic table for jamb
Damilola Reply
what is the change of matter from one state to another
Elijah Reply
what is isolation of organic compounds
IKyernum Reply
what is atomic radius
ThankGod Reply
Read Chapter 6, section 5
Dr
Read Chapter 6, section 5
Kareem
Atomic radius is the radius of the atom and is also called the orbital radius
Kareem
atomic radius is the distance between the nucleus of an atom and its valence shell
Amos
Read Chapter 6, section 5
paulino
Bohr's model of the theory atom
Ayom Reply
is there a question?
Dr
when a gas is compressed why it becomes hot?
ATOMIC
It has no oxygen then
Goldyei
read the chapter on thermochemistry...the sections on "PV" work and the First Law of Thermodynamics should help..
Dr
Which element react with water
Mukthar Reply
Mgo
Ibeh
an increase in the pressure of a gas results in the decrease of its
Valentina Reply
definition of the periodic table
Cosmos Reply
What is the lkenes
Da Reply
what were atoms composed of?
Moses Reply
what is chemistry
Imoh Reply
what is chemistry
Damilola
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10989/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask