<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Plaaslike ontwikkeling moet 'n grondhervormingsplan ten doel hê wat sal poog om oneffek­tiewe, skuldbelaste, ekologies-verswakkende en plaaseienaarskap oor te dra na diegene wat 'n inkomste wil verdien deur op 'n meer volhoubare wyse te boer. Verbeterde toegang tot bekostigbare dienste en infrastruktuur, veral in die voormalige "tuislande", is 'n voorvereiste.

Aktiwiteit 2:

Grondhervorming

[lu 2.1]

Groep:

  • Wat kan/behoort gedoen te word om grondhervorming sodanig te laat plaasvind dat die beskikbare grond "beter" verdeel word, sonder dat produksie of ekonomie­se ontwikkeling skade ly? (Verwys na die huidige situasie in Zimbabwe)
  • Voorsien 'n voorlegging van hoogstens twee bladsye vir voordrag aan die klas. Skryf jou voorlegging op ‘n folio en na die klasbespreking, skryf die opsomming hieronder neer.
  • Dit word aanvaar dat volhoubare heropbou en ontwikkeling in Suid-Afrika ook volhoubare heropbou en ontwikkeling in Suidelike-Afrika veronderstel, aangesien volgehoue werkloosheid en onderindiensname in een streek kan lei tot migrasie na ander streke met nadelige gevolge vir daardie ekonomieë. Daarom is dit noodsaaklik dat daar deurlopend met die buurstate onderhandel word ten einde gemeenskaplike gronde vir samewerking, koördinasie en integrasie te vind. Ten spyte daarvan dat die huidige handelspatroon tussen Suid-Afrika en die res van Afrika redelik ongebalanseerd is (Suid-Afrika se uitvoere na Afrika oorskry die invoere vanaf Afrika met vyf tot een), behoort nuwe onderhandelinge in die verband daarop te fokus om die handel meer gebalanseerd te maak. Daar moet daarna gestreef word om vervaardigingsmoontlikhede in die buurstate te verbeter sodat hul uitvoermoontlikhede dienooreenkomstig kan uitbrei. In die verband kan veral gelet word op die ontwikkeling van streeks- en industriële strategieë vir spesifieke sub-sektore soos byvoorbeeld mineraalverwerking, motoronderdele en tekstiele. Voorts moet die ontwikkeling van gesamentlike en wedersyds-voordelige projekte vir die streek ook aangemoedig word, soos byvoorbeeld waterbronne, elektrisiteit en kragvoorsiening, vervoer en telekommunikasie, en landbou en voedselproduksie.

Aktiwiteit 3:

Streeksamewerking

[lu 2.1]

SELF:

  • Doen navorsing oor die wyses waarop streeksamewerking met betrekking tot die benutting van waterbronne in Suidelike-Afrika plaasvind. Verwys na en gee 'n kort verduideliking van die projekte. Skryf jou voorlegging op ‘n folio en na die klasbespreking, skryf die opsomming hieronder neer.

Aktiwiteit 4:

State in suidelike afrika

[lu 2.1]

SELF:

  • Voorsien (of teken) 'n kaart van Suidelike Afrika waarop die buurstate van Suid-Afrika aangedui word. Dui ook aan watter produkte Suid-Afrika na die lande uit voer en watter produkte vanaf die lande na Suid-Afrika ingevoer word.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
VOLHOUBARE GROEI EN ONTWIKKELINGDie leerder is in staat om begrip van volhoubare groei, heropbou en ontwikkeling te toon en om krities oor die verwante prosesse na te dink.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik as die leerder:
2.1 kan bespreek hoe die nasionale begroting en streek- asook internasionale ooreenkomste gebruik word om volhoubare groei en ontwikkeling te fasiliteer;
2.2 die suksesse en tekortkominge van die HOP kan ondersoek en dabateer;
2.3 die rol van besparings en beleggings in ekonomiese vooruitgang en groei kan verduidelik;
2.4 produktiwiteit en die uitwerking daarvan op ekonomiese vooruitgang, groei en wêreld- mededinging kan bespreek.

Memorandum

AKTIWITEIT 1: TUISLAND-BELEID

SELF:

  • Identifiseer die voormalige onafhanklike en self-regerende state onder die vorige bedeling:
  • Onafahnaklike state:VENDA, BOPHUTHATSWANA, TRANSKEI EN CISKEI
  • Self-regerende state:QwaQwa, Kwandebele, KWAZULU, LEBOWA, GAZANKULU, Kangwane

AKTIWITEIT 2: GRONDHERVORING

GROEP:

  • Laat groepe toe om hul standpunte te stel met betrekking tot grondhervorming in Suid-Afrika en moedig hulle ook aan om die onderwerp aan die hand van die huidige situasie in Zimbabwe te bespreek.

AKTIWITEIT 3:STREEKSAMEWERKING

SELF:

  • Laat leerlinge navorsing doen oor die Lesotho Hooglandprojek en die Cabora Bassaprojek en moedig hulle aan om die waarde van die projekte vir streeksamewerking uit te wys.

AKTIWITEIT 4:STATE IN SUIDELIKE-AFRIKA

SELF:

  • Leerlinge moet 'n kaart van Suidelike-Afrika wat hulself ontwerp het, voorsien en daarop moet ook die in- en uitvoere aangetoon word. (Slegs die belangrikste produkte moet aangetoon word)

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask