<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 9

Volhoubare groei en ontwikkeling

Module 9

Streeks- en internasionale ooreenkomste

'n Kenmerk van die Suid-Afrikaanse ekonomie is die bestaan van duidelike ongelykhede tussen die verskillende streke in Suid-Afrika, wat hoofsaaklik te wyte is aan die etniese verde­ling wat tydens die vorige politieke bedeling die kern van streeksontwikkelingsbeleid gevorm het. Etniese groeperinge is in bepaalde gebiede of streke gelokaliseer, waar sogenaamde "tuislande" dan vir elke groep toegeken is. Die bepaalde groepe moes by sosiale, politieke en ekonomiese ontwikkeling binne sy tuisland fasiliteer en bestuur. Hierdie geforseerde segregasie of skeiding en nywerheidsdesentralisasie het gemeenskappe in gebiede saamgegooi waar hul ekonomiese bestaan met nadelige sosiale gevolge soos armoede, wanvoeding, oorbevolking, werkloosheid, misdaad, ens, bedreig is. Bykans die helfte van die swart bevolking was genoodsaak om in hierdie tuislande te bly waar die per capita inkome minder as een-kwart van die nasionale gemiddelde was.

Aktiwiteit 1:

Tuislandbeleid

[lu 2.1]

SELF:

  • Identifiseer die sogenaamde onafhanklike en selfregerende tuislande wat tydens die vorige bedeling ingestel is en dui ook aan watter etniese groepe in elke "tuisland" hul politieke, sosiale en ekonomiese heenkome moes vind.
  • Dien 'n voorlegging in. Skryf jou voorlegging op ‘n folio en na die klasbespreking, skryf die opsomming hieronder neer.

Bogenoemde streeksontwikkelingsbeleid het daartoe aanleiding gegee dat ekonomiese groei gestagneer het, dat investering aansienlik afgeneem het en dat gemiddelde reële inkome oor die afgelope aantal dekades aansienlik gedaal het. Die ekonomie was hoofsaaklik op die uit­voer van minerale aangewese, terwyl die vervaardigingsektor nie die nodige werksgeleent­hede kon voorsien wat in die behoeftes van die bevolking kon voldoen nie. Onder die vorige regering het daar as gevolg van die beleid van apartheid ook weinig ekonomiese samewer­king met ander state in Afrika plaasgevind en het Suid-Afrika homself in 'n posisie van isolasie bevind.

Teen hierdie agtergrond word ooreenkomstig die HOP-doelstelling vir 'n sterk, dinamiese en gebalanseerde ekonomie, die volgende voorgestel om streeks- en internasionale samewerking te verkry en uit te bou:

a) Uitskakeling van armoede , lae lone en die ekstreme ongelykhede in lone en welvaart wat deur die vorige regering veroorsaak is;

b) Verbetering van ekonomiese wanbalanse en ongelyke ontwikkelingsmoontlikhede binne en tussen die streke in Suid-Afrika ;

c) Ontwikkeling van 'n vooruitstrewende en gebalanseerde streeksbeleid wat op die beginsels van gelykberegtiging en wedersydse voordeel gebaseer is; en

d) Integrasie in die internasionale ekonomie op sodanige wyse dat 'n lewensvatbare en effektiewe plaaslike vervaardigingskapasiteit en toenemende potensiaal vir die uitvoer van vervaardigde goedere volgehou word.

Volhoubare groei en ontwikkeling is slegs moontlik indien bogenoemde beginsels in beleid- en begrotingstrukture verreken word. Hierin sal die demokratiese regering die leidende rol speel, en word voorsien dat 'n dinamiese balans tussen regeringsinisiatiewe, die private sek­tor en gemeenskapsdeelname deurentyd nagestreef sal word. Om die groei van plaaslike ekonomieë aan te help moet breë, verteenwoordigende instellings daargestel word wat stra­tegieë moet opstel om werkskepping en gemeenskapsontwikkeling te bevorder. Voorbeelde is die werwing van fondse van die privaat sektor vir gemeenskapsontwikkeling, investering­strategieë, opleiding, kleinsakeondernemings, landbou-ontwikkeling, ens. Indien nodig, kan die regering ook subsidies beskikbaar stel vir werkskeppings- en ontwikkelingsprojekte. Die uiteindelike doel is om die projekte op eie stoom volhoubaar te laat word.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask