<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wiskunde

Wiskunde in die wêreld rondom ons

Opvoeders afdeling

Memorandum

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

  • Integrasie van Temas: Wiskunde met die drie bere.
  • Menseregte: Die storie van die drie bere leer leerders dat almal regte het en almal moet gerespekteer word.
  • Leerders brei hulle getalbegrip uit tot 109 op die klimraam. Die aktiwiteite sluit in die ordening van getalle, getalname, simbole en aan- en terugtel.
  • Posisie word bepaal van plekke in die klaskamer. ‘n Vloerplan van die klaskamer word gebruik.
  • ‘n Grafiek word ontwerp wat voltooi moet word deur inligting in te samel.
  • Optelling en aftrekking word uitgebrei na +4, -4, +5, -5, +6, -6, +7, -7.
  • Samestellings van 10 en 11 word ontdek.
  • Aanwysings word gegee om ‘n vorm te teken en in te kleur.
  • Meting met die duime en vergelyking van hierdie mate, met die gebruik van die relevante woordeskat.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: posisie bepaling in die klaskamer [lu 1.2, lu 1.9, lu 2.2, lu 3.5, lu 3.6, lu 3.7, lu 3.8, lu 4.6]

  • Dit is my klaskamer
  • Kyk goed na die tekening van die klaskamer.
  • Maak seker dat jy weet waar alles is.

1. ______ is die skryfbord. Kleur dit in.

2. ______ is die deur. Kleur dit in.

3. ______ is die vensters. Kleur hulle in.

4. ______ is die kaste. Kleur hulle in.

5. ______ is my juffrou se tafel. Kleur dit in.

6. ______ is die mat. Kleur dit in.

7. ______ is die leeshoekie. Kleur dit in.

8. ______ is my lessenaar. Kleur dit in.

9. ______ is Hennie se lessenaar. Kleur dit in.

  • A is die ry waarin ek sit.
  • Waar is voor in die klaskamer?
  • Waar is agter in die klaskamer?
  • Watter is die linkerkant?
  • Watter is die regterkant?
LU 3.5 LU 3.6 LU 3.7 LU 3.8
  • Voltooi:
  • Hoeveel leerders dink jy is daar in my Graad 2-klas?
  • Skryf:

Ek het ______________ leerders geraai.

Tel die leerders in 2’s.

Ek het ______________ leerders getel.

  • Merk wat pas.

Ek het reg geraai.

Ek het te veel geraai.

Ek het te min geraai.

  • Gebruik tellers of tekeninge as jy die antwoorde moet uitwerk.

As 1 seun 2 oë het,

sal 2 seuns _______ oë hê.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 2. OpenStax CNX. Oct 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11127/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask