<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionale taal

Graad 6

Module 4

Ons is almal uniek

1. Tyd vir ‘n paar speletjies! Verdeel weer in julle groepe. Elke groep kry ‘n beurt om al die speletjies te speel, indien die tyd dit toelaat. Julle het heel moontlik hierdie speletjie gespeel toe julle baie kleiner was.

a) Die maat wat begin, kies ‘n voorwerp in die klaskamer en sê dan:“Ek sien met my kleine ogies iets wat begin met ‘n ............. (Noem die letter waarmee die voorwerp begin, bv. ‘n b .). Die maat wat reg raai, is volgende aan die beurt.

b) Elke maat kry ‘n beurt om geblinddoek te word. Hy of sy kry ‘n voorwerp in die hand en deur daaraan te voel, kan die maat die voorwerp identifiseer.

c) Elke maat kry ‘n beurt om geblinddoek te word. ‘n Ander maat hou een van die items waaraan geruik moet word, by sy of haar neus. Die maat moet die item identifiseer deur slegs daaraan te ruik.

d) Elke maat kry ‘n beurt om een van die geluide wat voorgespeel word, te identifiseer.

e) Elke maat kry ‘n beurt om geblinddoek te word en te proe aan al die verskillende kossoorte. Die maat moet die kossoorte identifiseer.

Julle het sekere liggaamsdele gebruik om die speletjies te kan speel. Noem hulle gou op:

  • Ons noem hulle almal saam ons
  • Gesels gou in julle groepe oor hoe die lewe sal wees as ons nie al ons sintuie het nie, veral nie ons oë en ore nie.
  • Hieronder volg nou twee vrae wat jy skriftelik moet beantwoord. Skryf slegs een sin by elk.

f) Wat sal jy die meeste mis, indien jy nou skielik blind sou word?

g) Wat sou jy die meeste mis, indien jy nou skielik doof sou word?

LU 5.2.1

2.

Dis nou tyd om met nog ‘n baanbreker, of pionier, kennis te maak! Sy naam was Louis Braille .

3. Lees die volgende leesstuk, wat ons meer vertel van Louis Braille, minstens twee maal baie aandagtig deur.

Louis Braille is op 4 Januarie 1809 naby Parys in Frankryk gebore. Louis se pa het saals en tuie vir perde gemaak. Eendag, toe Louis drie jaar oud was, was hy alleen in sy pa se werkswinkel. Hy het een van die skerpste messe opgetel en ‘n gaatjie in ‘n stuk leer probeer maak. Die mes het gegly en deur sy linkeroog gesny. Hulle was 32 km van die naaste dokter af en sy ma het die oog ontsmet. Dit het nie gehelp nie en die oog het ontsteek. Die ontsteking het na die gesonde oog versprei en toe Louis vyf jaar oud was, was hy heeltemal blind. Op sewejarige ouderdom het Louis na ’n gewone skool toe gegaan. Omdat hy so ‘n slim seuntjie was en kon onthou wat hy gehoor het, het hy baie goed gevaar.

Op negejarige ouderdom is Louis na ‘n skool vir blindes in Parys. Nadat hy sy skoolloopbaan voltooi het, het hy ‘n onderwyser by hierdie skool geword.

Hy het al sy vrye tyd gebruik om ‘n stelsel te ontwikkel wat dit vir blindes baie maklik sou maak om te lees en te skryf. Dit het bestaan uit ses kolletjies wat op verskillende maniere gerangskik is om al die letters voor te stel. Hierdie kolletjies het soos knoppies op die papier uitgestaan. Hierdie briljante Braille-alfabet word nog dwarsoor die wêreld deur blinde mense gebruik.

Beantwoord die volgende vrae deur slegs W (waar), O (onwaar) of OB (onvoldoende bewyse) in te vul. Moenie die leesstuk weer raadpleeg nie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask