<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wiskunde

Graad 4

Getalle, breuke, desimale breuke en getalpatrone

Module 7

Gewone breuke met verskillende noemers en tellers

Aktiwiteit 1:

Om gewone breuke met verskillende noemers en tellers te herken [LU 1.3.2]

Wanneer heel voorwerpe in gelyke dele verdeel word, kry ons breuke. Breuke is gedeeltes van heles.

1. Lees die volgende en vul die ontbrekende getalle van die dele in:

Aantal gelyke dele waarin die hele verdeel is Naam van breuk
2 gelyke dele Halwes
…….gelyke dele Derdes
4 gelyke dele Kwarte
5 gelyke dele Vyfdes
……. gelyke dele Sesdes
7 gelyke dele Sewendes
8 gelyke dele Agstes
9 gelyke dele Negendes
……. gelyke dele Tiendes

2. Noem die dele of GEWONE BREUKE waarin elke staaf verdeel is:

Voorbeeld:

Dit is in kwarte verdeel.

2.1

Dit is in __________________verdeel.

2.2

Dit is in_______________________ verdeel.

2.3

Dit is in____________________ verdeel.

2.4

Dit is in_________________________ verdeel.

2.5

Dit is in____________________ verdeel.

2.6

Dit is in_____________________ verdeel.

TOETS JOU VAARDIGHEID (oefeninge 1 en 2 hierbo)

1.

1.1Verdeel die sirkel in die helfte:

1.2 Verdeel dit op 'n ander manier in die helfte:

1.3 Op hoeveel verskillende maniere kan 'n sirkel in die helfte verdeel word?

2.

2.1 Verdeel die reghoek in derdes.

2.2 Verdeel dit in derdes op 'n ander manier:

2.3 Hoeveel gelyke dele is daar as iets in derdes verdeel is?

3. Hoeveel gelyke dele is daar in elk van die volgende diagramme en wat noem ons hulle?

3.1 _______dele; wat ons ________ noem.

3.2 _______dele; wat ons _______ noem.

4. Kleur een helfte van 3.1 op die vorige bladsy in, en een derde van 3.2. Watter een is groter: een halwe of een derde?

5. Kyk nou na die twee stawe hieronder. Die boonste staaf toon _______omdat

daar _______gelyke dele is.

Die staaf daaronder toon_______ omdat daar________gelyke dele is.

3. WERK SELF! INDIWIDUELE WERK: HERKENNING EN VOORSTELLING VAN TELLERS

  • Die werk op hierdie bladsy is vir uitknip en vou bedoel. Die module het 'n aparte bladsy met voorbeelde van verskillende fatsoene. Knip al die fatsoene op bl. 24 uit en volg die instruksies hieronder:

3.1 Knip die driehoek op die aparte bladsy uit. Vou dit in die helfte. Ontvou dit nou. Teken 'n stippellyn op die vou langs. Die stippellyn verdeel die driehoek in twee gelyke dele, of halwes. Kleur een helfte in. Plak jou uitgeknipte fatsoen in die driehoek hieronder. Gee die naam van die deel wat jy ingekleur het.

3.2 Knip die sirkel op jou aparte bladsy uit. Vou dit in die helfte. Vou dit weer in die helfte. Ontvou nou die sirkel. Trek stippellyne op die voue. Die stippellyne behoort die sirkel in vier gelyke dele (kwarte) te verdeel. Kleur drie van die dele in. Plak nou jou uitgeknipte fatsoen oor die sirkel wat hieronder gedruk is. Benoem die deel wat ingekleur is.

3.3 Is die sirkel in kwarte verdeel?

Jou antwoord: ________

3.4 Knip die reghoek op jou aparte bladsy uit. Vou dit om derdes te lewer. Ontvou dit. Trek stippellyne op die voue. Die stippellyne behoort die reghoek in derdes te verdeel. Kleur twee van hulle in. Doen dieselfde met die tweede reghoek, maar probeer om dit in sesdes te vou. Kleur twee van hulle in. Plak nou jou uitgeknipte fatsoene oor die reghoeke wat hieronder verskyn. Benoem die dele wat jy ingekleur het.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11100/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask