<< Chapter < Page
  Lewensvaardighede graad 2     Page 1 / 2
Chapter >> Page >

Lewensvaardighede

Graad 3

Robinson crusoe

Module 2

Gesonde eetgewoontes

  • Lees weer die leesstuk oor Robinson Crusoe.

Gesonde eetgewoontes

  • Waarom was die kinders so bly toe hulle ‘n vrugteboom sien?
  • Waarom was dit so belangrik vir Robinson Crusoe om vars vrugte te eet? Was die kos wat hy op die skip gekry het dan nie genoeg nie?
  • Dink jy die water was skoon?
  • Waar sal hy skoon water kry?
  • Wat kan hy doen om die water skoon / suiwer te kry?
  • Lank gelede kon skepe nie baie vars voedsel saamneem nie, omdat dit sou sleg word. Daar was nie yskaste om kos vars te hou nie. Matrose het meestal droë voedsel geëet of ander kos wat ‘n mens lank kan hou.

Ons liggame het egter vitamines nodig wat ons van vars vrugte en groente kry. Matrose op lang seereise het dikwels aan skeurbuik gely, omdat daar nie genoeg vitamiene C in hulle voedsel was nie. Dit het veroorsaak dat hulle tande los geword het in hulle tandvleise en dit selfs laat uitval.

Dit was een van die belangrikste redes waarom die Europese mense na Suid-Afrika gekom het. Hulle het ‘n plek nodig gehad waar hulle kon afklim om vars voedsel in te skeep op hulle lang seereise na die Oosterse lande soos Indië en China.

Dink aan jou gunsteling vrug of groente.

  • Teken dit en vind uit hoe dit jou liggaam help om gesond te bly.

Vrugte

Groente

Die eerste ding wat Robinson wou doen toe hy gestrand het, was om te gaan kos en water soek. Daarsonder kan ‘n mens nie lewe nie. Ons liggame kan nie werk sonder energie wat uit voedsel verkry word nie.

Een van die belangrikste dinge wat ons liggame nodig het om te kan groei, is proteïne. Die meeste diere-produkte bevat proteïne.

Maak ‘n lysie of soek prentjies van voedsel wat ‘n mens van diere kry, byvoorbeeld melk, eiers, vleis, ens.

Ons het egter nie net proteïne nodig nie. Ons liggame het ook die belangrike vitamiene nodig wat mens in vrugte en groente kry.

‘n Mens kry byvoorbeeld Vitamine A in wortels, broccoli, botterskorsies en spinasie. Dit help jou vel, beendere en tande om mooi te groei en gesond te bly.

Koolhidrate en suiker gee vir ons energie, maar te veel hiervan kan mens laat vet word.

Party mense eet glad nie vleis nie. Hulle word vegetariërs genoem. Hoe kan hulle liggame dan goed groei as hulle nie proteïne eet nie?

Daar is ook proteïne in neute en sojaprodukte.

Daar is verskillende redes waarom party mense nie vleis eet nie.

  • Dink aan ‘n paar.

Een van die hoofredes is hul godsdiens. Baie godsdienste het reëls vir ‘n gesonde dieet. Net soos ‘n mens God se reëls moet nakom om reg te lewe, moet mens ook die regte kosse eet om jou liggaam gesond te hou.

So maak Moslems seker dat hulle voedsel voorberei is volgens die voorskrifte van hulle godsdiens. Dié kos word “Halaal” genoem.

Mense van die Joodse geloof doen dieselfde. As hulle voedsel vir hulle reg voorberei is, word dit “Kosher” genoem. Die Joodse geloof verbied mense ook om varkvleis te eet. Mense van die Hindoe-geloof eet weer nie die vleis van ‘n koei nie, omdat koeie as heilige diere beskou word.

Hoewel daar verskillende godsdienste bestaan, glo die meeste mense dat die Lewe iets kosbaars is. Hulle is dankbaar dat hulle kan lewe en gesonde liggame het. Daarom sorg hulle dat hulle gesond bly en respek het vir hulle liggame.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede graad 2. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11104/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask