<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Vanaf 1970 tot in die 1990's was daar een groot verskil. Daar is nie meer een modegier nie, maar verskeie. Daar is nou meer vryheid van keuse en modes is meer individualisties. Die nuutste modegier is juis om eksklusiewe klere te dra. Mans- en vroueklere het deesdae baie raakpunte, amper soos die Romeine en Grieke van ouds. Reeds in 1850 is die eerste "uniseks" kledingstuk (die "chiton" uitgesluit) ontwerp deur 'n goudprospekteerder. Hy het 'n kledingstuk (broek) benodig wat baie slae kon verduur.

Hy maak toe vir hom 'n broek van blou denim waarvan die sakke met koperklinknaels vas was. Sy naam was Levi Strauss. Eers is Levis of jeans slegs deur cowboys en werksmense gedra, maar in 1970 het dit die wêreld se gewildste drag op die modefront geword - gedra deur beide geslagte, alle ouderdomsgroepe, alle klasse, na die teater en as ontspanningsdrag.

Vandag word sweetpakke, T-hemde, leerbaadjies, wye oortrektruie en sportskoene (tekkies) deur beide geslagte gedra. Ver verwyder van die "chiton", maar tog so baie dieselfde. Die kringloop is voltooi.

Vry verwerk uit: Fashion , Eleanor van Zandt

Voor jy die onderstaande vrae beantwoord, bedek eers die teks. Jy mag nie nou weer lees nie. Omsirkel slegs die Π by die korrekte antwoord.

  • Die grootste verskil deesdae tussen mans- en vroueklere is dat
  • mans kortbroeke dra en vroue rompe dra
  • mans kort hare dra en meisies lang hare dra
  • mans langbroek dra en vroue rokke dra
  • Die kledingstuk wat Romeinse mans en vroue gedra het, was die
  • "chiton"
  • S-kurwe korset
  • lendekleed
  • Watter een pas nie? In die Edwardiaanse tydperk was
  • rokke voor laag gesny
  • arms van dames bedek
  • alle klere geborduur met kant en sy
  • Watter een pas nie? In die begin van hierdie eeu
  • het gewone mense hulle eie klere gemaak
  • kon net rykes modeklere bekostig
  • het die meeste fabrieke wapens gemaak en kon nie klere vervaardig nie
  • was fabrieke nog in hulle beginstadium
  • Die Edwardiaanse Tydperk is vernoem na koning
  • Edward V
  • Edward VII
  • Edward IX
  • In die Edwardiaanse tydperk
  • het mans meestal wat vandag bekend staan as 'n dagpak gedra
  • het mans meestal 'n jastipe dubbelborsbaadjie by 'n gestreepte broek gedra
  • het mans meestal 'n Norfolk-baadjie by 'n broek met 'n blokpatroon gedra
  • Die hoofkenmerk van vroueklere gedurende die Eerste Wêreldoorlog was dat
  • klere elegant was
  • klere sportief was
  • klere vormloos was
  • klere individualisties was
  • Manshemde in die Edwardiaanse tydperk
  • het 'n gestyselde kraag gehad
  • was altyd van sy gemaak
  • was altyd met kant versier
  • Rompe gedurende die Eerste Wêreldoorlog
  • was knielengte
  • was enkellengte
  • was kuitlengte
  • het wyd uitgeklok
  • Sonbrand het 'n statussimbool onder vroue geword
  • voor die Tweede Wêreldoorlog
  • na die Tweede Wêreldoorlog
  • gedurende die Tweede Wêreldoorlog
  • Gedurende die Eerste Wêreldoorlog
  • het meisies soos seuns probeer lyk
  • het seuns probeer om soos meisies te lyk
  • het seuns en meisies slegs uniforms gedra
  • Gedurende die 1950's het die mode gefokus
  • op gemaklike kleredrag
  • op sportiewe kleredrag
  • op vroulike en elegante kleredrag
  • Die bikini swembroek is vernoem na
  • die ontwerper daarvan, John Bikini
  • die eerste model wat een gedra het, Bikini Atol
  • 'n atoomontploffing op die eiland Bikini Atol
  • In die sestigerjare van die vorige eeu

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask