<< Chapter < Page Chapter >> Page >

1. Wat is ‘n vleiland? Vind uit.

2. Hoekom is dit belangrik om vleilande te beskerm?

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en –prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • 1.1 ‘n verskeidenheid aardrykskundige en omgewingsbronne relevant vir ‘n ondersoek identifiseer en kies (gebruik veldwerk en ander ondersoekmetodes) [vind bronne];
  • 1.2 inligting uit kaarte en atlasse en uit grafiese en statistiese bronne interpreteer [werk met bronne].
LU 3
VERKENNING VAN VRAAGSTUKKE Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.3 moontlike maniere om hulpbronverbruik te verminder te ondersoek [maak keuses].

Memorandum

AKTIWITEIT 1

  • STEENKOOL : Word in Suid-Afrika gebruik vir die opwekking van elektrisiteit en die vervaardiging van sintetiese brandstof. Word ook in nywerhede en huishoudelik as verbrandingsmiddel gebruik.

HOUT : Word in Suid-Afrika se uitgebreide mynboubedrywighede gebruik. Word ook deur miljoene mense as brandhout gebruik vir verhitting en om kos voor te berei. Word ook deur mense in informele nedersettings as boumateriaal gebruik. Nywerhede vervaardig boumateriaal, meubels, papier, ens.

WATER : Suid-Afrika is tradisioneel ‘n droë land met ‘n gemiddelde jaarlikse reënval van ongeveer 450 mm. Verder is die reënval ook baie oneweredig versprei en neem af van oos na wes. Dit is dus uiters noodsaaklik dat ons ons beskikbare waterbronne sal beskerm en nie oorbenut nie.

  • Hulle leef in armoede in landelike gebiede en informele nedersettings sonder elektrisiteit en met brandhout as hul enigste bron van verhitting of “elektrisiteit”.
  • Sintetiese brandstof : Dit is brandstof wat d.m.v. ‘n chemiese proses uit steenkool vervaardig word.

Kweekhuiseffek : Besoedeling veroorsaak ‘n laag van rook en besoedelde lug wat soos ‘n kombers bokant ‘n stad hang en keer dat normale aardradiasie (uitstraling vanaf die aarde) kan plaasvind. Die gevolg is dat gebiede bokant ‘n stad dan warmer is as omliggende gebiede weens die feit dat uitstraling belemmer is. Die toestand waar daar ‘n hitte-gebied bokant ‘n stad ontstaan, staan as ‘n hitte-eiland bekend. Die kweekhuiseffek veroorsaak ook dat die temperatuur nie volgens die Normale Omgewingsvervaltempo (±0,65°C) daal vir elke 100 meter wat jy vertikaal in die lug op beweeg nie.

Volhoubaarheid : Dit vereis van alle huidige verbruikers om alle bestaande natuurlike en ander hulpbronne so te gebruik dat daar nog genoeg behoue kan bly vir toekomstige generasies na ons.

Mensgemaakte klimaatsveranderinge : Dit is klimaatsveranderinge wat plaasvind as gevolg van mensgemaakte prosesse soos die verbranding van fossielbrandstowwe en die vrystelling van besoedelde lug.

AKTIWITEIT 2

1. Eie antwoord

Oorweeg die volgende:

Ek stem 100% saam met hierdie stelling. Suid-Afrika het ‘n doeltreffende openbare vervoerstelsel nodig. So ‘n stelsel moet nie net toeganklik en bekostigbaar vir almal wees nie, dit moet ook veilig wees om te gebruik.

Die gebruik van so ‘n stelsel sal die volgende voordele inhou:

Minder privaat motorvoertuie en afleweringsvoertuie op ons paaie.

Minder onderhoud op paaie nodig. ( Grondstowwe word bespaar.)

Minder besoedelde lug word vrygestel.

Minder brandstof word verbruik.

Minder steenkool word gebruik om brandstof te vervaardig.

Weens afname in besoedelingsvlakke, vind minder klimaatsveranderinge plaas.

Die gebruik van private motorvervoer kan op die volgende wyses ontmoedig word:

Openbare motorvervoer kan goedkoper gemaak word as private vervoer.

Maak sekere dele van ‘n stad ontoeganklik vir private motorvoertuie.

Voertuie kan in spitstyd uit stad gehou word.

Parkeergeldheffings.

Beboet pendelaars wat in die stad werk en een-een werk toe ry.

2. Wat is sonkragverhitting ?

Dit is verhitting wat sonder die gebruik van elektrisiteit geskied deur gebruik te maak van die son se energie as verhittingsbron.

Hoe werk sonverhitting? Sonpanele (donker glaspanele met ‘n stelsel van koperpype) word op ‘n dak geïnstalleer op so ‘n manier dat dit maksimale sonbestraling ontvang. Water word deur die stelsel van koperpype gesirkuleer en omdat koper ‘n goeie geleier van hitte is, raak dit gou warm en verhit die son se strale die water in die pype. Die warm water word dan vir huishoudelike doeleindes aangewend. Sonpanele kan ook deur die dag gebruik word om ‘n batterystelsel te laai. Die batterye word dan saans gebruik om elektriese toestelle van elektrisiteit te voorsien.

Gebruike:

Vir warmwatertoestelle

Vir laai van batterystelsels

Koste?

‘n Redelike aanvanklike kapitale belegging is nodig om die stelsel te installeer afhangende van die grootte van die stelsel en of jy dit dalk self gaan doen. Nadat die stelsel geïnstalleer is, kos dit egter niks behalwe minimale instandhoudingswerk indien nodig.

AKTIWITEIT 4

  • Dit is laagliggende gebiede vol water. Dit is ‘n komplekse ekosisteem op sy eie met ‘n

ryke verskeidenheid van plante- en dierelewe.

  • Vleilande vorm ‘n unieke ekosisteem en dit moet beskerm word.

Vleilande dien as “spons” om oortollige water op te slurp.

Vir die behoud van biodiversiteit.

Bied tuiste vir ‘n groot verskeidenheid plant- en dierespesies.

Gemeenskapsbelang.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11035/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask