<< Chapter < Page Chapter >> Page >

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

Graad 4

HOE MENSE ‘N BESTAAN VOER

Module 4

DIENSLEWERING, VERVAARDIGING EN GEBRUIK

  1. Die openbare- en privaatsektor

Die instansies wat dienste lewer, kan in twee groepe verdeel word:

(a)die openbare sektor

Hiermee verstaan ons al die besighede wat deur die staat befonds en bestuur word. Die staat is hoofsaaklik verantwoordelik vir dienste soos onderwys (skole), gesondheid (hospitale) en veiligheid (polisie), maar lewer ook dienste soos telekommunikasie (Telkom) en vervoer (Transnet). Hierdie sektor lewer elke dag ‘n groot klomp dienste waarvoor hulle baie geld benodig, en dit is waarom die inwoners van die land belasting moet betaal op hul inkomste en produkte wat gekoop word. Hierdie belasting moet dan aan die regering oorhandig word. Gesels ‘n bietjie met jou ouers oor die gedeelte van hul inkomste wat hul maandeliks/jaarliks aan die staat moet afstaan vir inkomstebelasting. Dan word daar ook belasting betaal op die meeste verbruiksartikels wat ons koop (BTW).

(b) Die privaatsektor

Dit is die individue en groepe wat hul eie besighede besit. Dit sluit in privaathospitale, privaatskole, winkels, vervoernetwerke (SAL&taxi’s) , beskerming (gewapende reaksiegroepe), ens.

Aktiwiteit 1

Om tussen die openbare en privaatsektor te onderskei [LU 4.3]

  1. Is jou skool deel van die openbare of privaatsektor?

..............................................................................................................

  1. Watter van jou en jou gesin se daaglikse behoeftes word deur die onderskeie sektore bedien?
Privaatsektor Openbare sektor
Bv. vervoer Bv. poswese
8.
  1. Wat is belasting?

Skryf voorbeelde neer van vervoer in jou omgewing en klassifiseer dit in die volgende tabelle:

Openbare sektor Privaatsektor

2. Vervaardiging en verbruik

Alle huishoudings verbruik produkte. Daardie produkte moet deur die produsent geproduseer (vervaardig) word. Die bakkery bak brood sodat die huisgesin daagliks van hul stapelvoedsel voorsien kan word. Om die mens (verbruiker) se behoeftes te bevredig, moet die produsent besluit watter produkte om te produseer. Die verbruiker vra sekere goedere aan en die produsent bied dit dan aan – VRAAG en AANBOD. Hoe meer ons ‘n produk benodig, hoe groter word die vraag daarna. So is die vraag na kompakskyfspelers groter as die vraag na outydse draaitafels.

Die entrepreneur wat ‘n sukses van sy besigheid wil maak, moet derhalwe die mark (behoefte van die verbruiker) baie goed bestudeer om seker te maak dat dit wat hy/sy wil verkoop, in aanvraag is en goed kan kompeteer met soortgelyke produkte.

Aktiwiteit 2

Om intrepreneurskennis toe te pas [LU 4.4]

Bestudeer die volgende skets van ‘n skoolmarkdag en beantwoord die vrae:

  1. Watter produkte op die skets word slegs een keer gebruik en dan nie weer nie?

......................................................................................................

  1. Watter produkte word herhaaldelik deur julle gesin gebruik?

......................................................................................................

......................................................................................................

......................................................................................................

......................................................................................................

  1. Watter produkte is duidelik in aanvraag by julle gesinslede?

......................................................................................................

......................................................................................................

......................................................................................................

......................................................................................................

  1. Vir watter produkte is daar nie ‘n groot aanvraag in julle gesin nie?

......................................................................................................

......................................................................................................

......................................................................................................

......................................................................................................

  1. Watter produk mis jy op hierdie skets? Watter leemte is daar in die mark vir jou as ‘n entrepreneur wat vinnig wil besigheid doen?

......................................................................................................

......................................................................................................

......................................................................................................

Baie geluk!

Jy begin sommer al klaar dink soos ‘n regte entrepreneur!!

In die volgende twee modules gaan ons kyk hoe jy ‘n entrepreneur kan word.

Assessering

LEERUITKOMS 4: ENTREPRENEURSKENNIS EN –VAARDIGHEDE

Die leerder is in staat om entrepreneurskennis, -vaardighede en -houdings te ontwikkel.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • onderskei tussen die entrepreneursaksies van koop, verkoop en produseer;
  • neem deel aan ‘n kermis of markdag by die skool en pas entrepreneurskennis en –vaardighede toe.

Memorandum

Bladsye 1 en 2

Onderskei tussen die openbare en privaatsektor aan die hand van voorbeelde uit leerders se eie lewe. Neem die leiding.

Bladsye 3 en 4

Gesels inleidend oor die vraag-/aanbodkonsep. Maak dan afleidings oor die vraag na sekere artikels op ’n markdag.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11085/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask