<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Die toebels

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Die avonture van die Wapse is nou verbonde aan die ondervindings van elke leerder in Graad 1, seuns sowel as dogters. Hulle word blootgestel aan ander omgewings - stedelik, platteland, en word bewus van hoe anders mense lewe, bv. in die bos, sonder krane en elektrisiteit.

Opvoeders moet onthou dat daar leerders in hul klas mag wees wat nie Graad R bygewoon het nie en dus sekere vaardighede, strategieë en konsepte van Graad R nie ontwikkel of aangeleer het nie. Die opvoeder het dus nodig om te verseker dat hierdie in Graad 1 aangeleer en ontwikkel word. (Sien Graad R-modules)

Luister en spraak is die belangrike fondamente waarop geletterdheid gebou word. Die mate waarvolgens leerders die praat van hul huistaal bemeester het, sal verskil en die opvoeder moet hiervan bewus wees.

Taalontwikkeling is ‘n proses wat geleidelik ontwikkel en elke leerder het die simpatieke ondersteuning van die opvoeder ter alle tye nodig.

In Graad 1 luister en lees die leerders stories en word hulle betrek by die leer van klanke en die skryf van die taal. Die klasomgewing moet ‘n plek wees wat die leerders sal aanmoedig om alle aspekte van die taal te leer.

TYDSKEDULE

Alle leerders behoort al agt modules te voltooi, plus-minus twee per kwartaal. Hulle moet toegelaat word om teen hulle eie spoed te werk.

Hier identifiseer Willie met die leerders. Hy vier sy verjaardag. Daar is wesenlike verskille en leerders bespreek hulle. So ook verskil mense van mekaar.

Die Toebels is Willie se maats. Hulle bly in tonnels in die grasland. Die reën veroorsaak ‘n vloed. Die uil weet wat om te doen. Daar is stories om te lees, verjaardagkaartjies om te maak en probleme om op te los.

Skrif
en , , , ,
klanke ,

INTEGRASIE VAN TEMAS

Sosiale geregtighede

  • Leerders kan betrokke raak deur mense wat rampe oorleef het, te help.

n Gesonde omgewing

  • Reën is belangrik vir mens en dier.

Menseregte

  • Elkeen het ‘n reg tot skoon drinkwater.

Leerders afdeling

Inhoud

Die ramp!

Pappa Waps is bekommerd – baie bekommerd. Eintlik is al die Wapse baie bekommerd. Iets aakligs het gebeur! Dit het die afgelope paar dae verskriklik baie in die bos gereën. So baie dat Meneer Mol se treintonnel heeltemal oorstroom het! So iets het nog nooit met die Wapse gebeur nie. Selfs Grootoog die uil kan nie ‘n tyd onthou wat dit so baie gereën het nie, en die Wapse sit met hulle hande in die hare. Want sien, die Wapse kan glad nie uit die bos kom wanneer hulle nie die tonnel kan gebruik nie! Hulle kan glad nie eers by die winkels kom nie! Dit is heeltemal te ver. Party van die Wapse was twee weke laas by die winkel en hulle kos is lankal op. Die Wapse moet ‘n nuwe tonnel kry, en gou ook! Maar hoe? Hulle is al moeg gedink. Niemand kan dink aan ‘n manier om gou weer ‘n tonnel te kry nie. En hoe gaan hulle by die winkel kom?

Help asseblief, en dink aan ‘n plan! Volgende keer luister ons verder om te hoor of die Wapse ‘n plan kon beraam om uit die gemors te kom.

  • Help die Wapse om ‘n tonnel te grawe! Verbind die een helfte van die sin met die deel wat daarby pas.
Makkie kook die kos
Willie dra vir Kassie op sy rug.
Die Toebels ry op Willie se skouer
Mamma weet alles.
Vollie woon in tonnels
Grootoog speel met Makkie.
LU 3.4
Willie Klim
boomhuis verjaarsdag
Mnr. Mol trein
teken partytjie
hande Toebels
grond slaap
met Grootoog
tonnels bo
Willie boomhuis partytjie
verjaarsdag klim Meneer Mol
slaap trein teken
bo met grond
Toebels hande tonnels
Grootoog
LU 4.1
LU 4.1
  • Kyk na die prentjies. Omkring die klankie wat jy laaste hoor.
LU 3.5

Assessering

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder letters en woorde herken en betekenis uit geskrewe teks skep.

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel.

Leeruitkomste 4: SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask