<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ons het ongeveer 2 000 jaar gelede uit die noorde hier aangekom. Voordat ons suidwaarts getrek het, het ons gewoon waar Botswana vandag is. Ons het by swart mense wat deur ons gebied getrek het, meer geleer oor ruilhandel en hoe om met vee te boer ter wille van oorlewing. Die groot verskil tussen ons en die San is geleë in die feit dat ons veeboere en hulle jagter-versamelaars is. Ons voorkoms, taal en gebruike stem egter baie ooreen met dié van die San. Anders as die San, wat in klein jaggroepe rondtrek, trek die Khoina in groot groepe.

Nadat die Nederlanders onder leiding van Jan van Riebeeck in 1652 aan die Kaap geland het, het ons al hoe meer weivelde verloor. In 1713 het baie Khoina weens ‘n pokke-epidemie gesterf en het ons ook baie vee weens siektes verloor. Om te oorleef, moes baie op plase en in dorpe gaan werk en het hulle geleidelik met ander groepe ondertrou. Vandag is daar baie min Khoina oor. Die meeste bly in klein groepies in die Richtersveld, asook in Namibië (Namas).”

  1. Na jul gesprek met X!Hau behoort julle die volgende opsomming oor die Khoina maklik te kan voltooi!

Gewoontes

Hulle het (1) aanbid vir reën.

Hulle was baie lief vir (2) en musiekinstrumente.

Voorkoms

Hulle was sterker gebou as (3).

Hulle klere was van skaapvelle of velle van (4) diere gemaak.

Hulle was lief vir versierings wat van (5)

X!Hau gemaak is.

Wonings

Hulle hutte was rondom die (6) se hut gebou.

In die middel was ‘n oop ruimte vir (7) snags.

Rietmatte is oor ‘n raamwerk van gebuigde (8) gegooi.

Voedsel

Al hoe meer het oorgeslaan na (9) boerdery.

Hulle het nie hulle (10) geslag nie, maar wel skape.

(11) (tipe melk) was van hulle lekkernye.

Kies nou die regte antwoorde oor hulle boerdery uit die raampie.

Die Khoina het (1) of kuddes (2) aangehou. Hulle het besef mens kan diere (3) en in kampe aanhou.

Die Khoina het (4) en (5) gehad. Dié diere het (6) en (7) aan hulle verskaf.

(8) is deur hulle gebruik om vragte aan te (9). Beeste was vir die Khoina ‘n teken van (10).

  • Gebruik nou die volgende eenvoudige vragies om meer inligting oor die Khoina se woonplek te bekom.

Wat gebeur in die skets?

Wanneer en waar het dit gebeur?

Waarom het dit gebeur?

Herken jy die mense op die skets? Kan jy hulle name uitvind?

Hoe weet ons dat dit alles wel gebeur het?

  1. Beantwoord in pare die volgende vragies oor die Khoina se lewenswyse.

Hoekom het die Khoina meer besittings gehad as die San?

Hoe is hulle hutte gebou? Waarvan is die vloere gemaak? Waarvan is die vloere in julle huis gemaak?

Hoekom is die hutte rondom die hoofman se hut gebou?

Waarop het hulle snags geslaap? Waarop slaap jy?

Waarvandaan het hulle water gekom? Hoe word julle huis en skool van water voorsien?

[LU 3.3]

LU 3.3

Assessering

LEERUITKOMS 3: HISTORIESE INTERPRETASIE – DIE LEERDER IS IN STAAT OM ASPEKTE VAN GESKIEDENIS TE INTERPRETEER

3.1 Wees bewus van meer as een siening van die verlede.

Verstaan dat verskillende sienings oor dieselfde saak reg of verkeerd kan wees

3.2 Onderskei tussen feite en menings.

Kan inligting vanaf kaarte, diagramme en grafieke bekom.

3.3 Rekonstrueer verlede. Kan ‘n eenvoudige rekonstruksie van gebeurtenisse maak en verstaan hoe die mense daaroor voel.

Memorandum

Aktiwiteit

(a)

(i) 5

(ii) 5

(iii) 4

(iv) 1

  1. 2, 3

(b) Voorkoms: (1) ± 153 cm (2) vet (3) lendekleed (mans),

leervoorskoot (vroue)

Gewoontes: (4) maan (5) sittend

Gereedskap: (6) been, skilpaddop, blaar, hout, klip

(c)

  • (1) pyl
  • (2) boog
  • (3) klip
  • (4) been
  • (5) hout of riet
  • (6) mopaniewurms (kerwer larwes)
  • (7) slange
  • (8) koker
  • (9) strikke
  • (10) vanggate

(d) Gewoontes: (1) maan

(2) dans / sang

Voorkoms: (3) San

(4) wilde diere

(5) sade, bessies, volstruiseierdoppe, klei

Wonings: (6) hoofman

(7) die vee (om te slaap)

(8) doringtakke en pale / latte

Voedsel: (9) vee

(10) beeste

(11) dikmelk (uit kalbasse)

(e)

  • (1) troppe
  • (2) vee
  • (3) vang
  • (4) skape
  • (5) beeste
  • (6) vleis
  • (7) dikmelk
  • (8) osse
  • (9) ry
  • (10) rykdom

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10987/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask