<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Dis baie belangrik dat julle praat. Vra "dom" vrae, gee "dom" antwoorde. Maak "dom" planne om "probleme" op te los.

Die van julle wat nie lus is om nar te speel nie, kan sommer nargesigte op papierborde teken en die oogholtes uitknip sodat julle kan sien wanneer julle die "nar" borde voor julle gesigte hou. Jy en jou maat kan dan ook 'n gesprek voer en julle klasmaats op hierdie manier aan die lag kry.

O ja, waarsku net die klasse langs julle klaskamer dat al die gelag hulle miskien kan pla. Nooi hulle sommer om saam te kom lag!

LU 2.2.2
LU 2.4.6

TELWOORDE

3. Chepi is 'n sirkusnar. Kyk na die maand Maart op die kalender. Die dae wat omsirkel is, is die dae wanneer daar optredes is.

Die dae met 'n blokkie is die dae wanneer die sirkusmense na 'n volgende dorp of stad reis.

MAART
Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag Sondag
1 2 3 4 5 6 7
8 9 10 11 12 13 14
15 16 17 18 19 20 21
22 23 24 25 26 27 28
29 30 31

Skryf die woorde en syfers:

  • Hoeveel dae is daar in Maart? ..................................................................
  • Hoeveel Maandae is daar in Maart? ...........................................................
  • Hoeveel Sondae is daar in Maart? ..............................................................
  • Hoeveel dae gaan hulle optree? ..................................................................
  • Hoeveel dae gaan hulle reis? ......................................................................
  • Wat dink jy doen hulle op Sondae? .............................................................
LU 5.3.3
  1. Dis almal hooftelwoorde
1 - een 4 - vier 7 - sewe 10 - tien 13 - dertien
2 - twee 5 - vyf 8 - agt 11 -elf 14 -veertien
3 - drie 6 - ses 9 - nege 12 - twaalf 15 - vyftien
20 - twintig 50 - vyftig 80 - tagtig
30 - dertig 60 - sestig 90 - negentig
40 - veertig 70 - sewentig 100 - honderd

Lees al die hooftelwoorde hardop saam.

  1. Rangtelwoorde

Kyk weer na die kalender.

  • Wat is die datum van die eerste Woensdag in Maart?
  • Wat is die datum van die tweede Maandag in Maart?
  • Wat is die datum van die vierde Saterdag in Maart?
LU 6.3.5
eerste sesde elfde sestiende
tweede sewende twaalfde sewentiende
derde agste dertiende agtiende
vierde negende veertiende negentiende
vyfde tiende vyftiende twintigste

4 . Verdeel weer in julle groepe.

Lees nou hardop hoe 'n tipiese dag in die lewe van 'n sirkusnar verloop. Elkeen kan 'n paragraaf lees.

Mike Ridenour is 'n nar in 'n rondreisende sirkus. Om 'n nar te wees, is harde werk. Die meeste narre leer hulle roetines van ouer narre. Mike se pa, ook 'n nar, was sy leermeester. Dit is 'n sirkustradisie dat sirkusartieste se kinders ook begin deelneem aan die sirkus wanneer hulle groot genoeg is en in hulle ouers se voetspore volg.

'n Sirkus het gewoonlik 'n middagvertoning en 'n aandvertoning. Soggens kyk Mike of sy kostuums en hulpmiddels nog in'n goeie toestand is, en oefen ook byvoorbeeld sy toertjies, of om op sy stelte te loop.

'n Uur voordat die vertoning begin, begin Mike om sy gesig te grimeer. 'n Nar se gesig is so persoonlik soos sy handtekening! Elke nar het sy eie unieke gesig wat soos geen ander nar s’n lyk nie. Hy trek sy kostuum en ekstra -groot skoene aan, sit sy pruik en hoedjie op en heel laaste sy groot rooi neus.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask