<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 6

Regte en verantwoordelikhede

Module 6

Die betekenis en waarde van ‘n nasionale vakansiedag

As jy na ‘n Suid-Afrikaanse dagboek of kalender kyk, sien jy gou raak dat daar 12 publieke vakansiedae opsy gesit is vir die viering van spesiale dae, of die herdenking van belangrike historiese geleenthede, of die erkenning van ‘n besondere groep mense. Van hierdie dae is bv. Menseregtedag in Maart, Gesinsdag in Maart of April, Werkersdag in Mei en Vrouedag in Augustus.

Vir leerders op skool is Jeugdag op 16 Junie ‘n spesiale dag omdat daar juis gefokus word op die betekenis en waarde van die jongmense in ons land.

Op 16 Junie 1976 het duisende skoolkinders in Soweto betoog teen ‘n onregverdige onderwysstelsel wat in daardie stadium in ons land in gebruik was. Konfrontasie met die polisie het tot die tragiese dood van baie jeugdiges gely. 16 Junie is vir jare as Sowetodag onthou, maar is nou ‘n amptelike openbare vakansiedag wat Jeugdag genoem word.

’n Gedig hieroor is destyds deur ‘n jong Suid-Afrikaanse digter (Ingrid Jonker : Versamelde werke , Kaapstad : Human en Rousseau, 1994) geskryf. Dit het baie mense diep geraak en is ook deur die eertydse president Nelson Mandela aangehaal tydens ‘n belangrike toespraak. Die opvoeder kan hierdie gedig vir julle voorlees.

Aktiwiteit 1:

Om jeugdag by die skool te vier

[lu 2.2]

Hoe dink jy kan Jeugdag op ‘n spesiale manier by julle skool gevier word?

Wenke:

  • Dink aan die verloop van ‘n saalbyeenkoms.
  • Toepaslike sprekers.
  • Die besoek van ‘n jongmens wat vir die jeug spesifiek iets sal beteken.
  • Deelname van musiek-, dans- of  dramagroepe.
  • ‘n Spesiale toneelstuk deur die leerders.
  • Leerders van ander skole in jou dorp of stad.
  • Maak van plakkate of kunswerke met Jeugdag as tema.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
S OSIALE O NTWIKKELING Die leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede,asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 nadink oor eie toepassing van kinderregte soos uiteengesit in die Suid-Afrikaanse grondwet;
2.2 die belangrikheid van ’n nasiebouprogram wat met ’n nasionale dag gepaardgaan, bespreek en evalueer;
2.3 die uitwerking van geslagstereotipering, seksisme en mishandeling op persoonlike en sosiale verhoudings bespreek;
2.4 die betekenis en persoonlike en sosiale belangrikheid van belangrike stadiums in die individu se lewe in ’n verskeidenheid kulture vertolk;
2.5 menswaardigheid in ’n verskeidenheid gelowe in Suid-Afrika bespreek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11001/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask