<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Voorbeeld: 2 x 4 = 8 Gaan van 2 regs en bo van 4 af - ontmoet by 8 (sien pyle)

15 ÷ 3 = 5 Gaan van 15 links na 3 en van 15 op - 5de veelvoud

Veelvoude: Tel tot by die 10de veelvoud en terug

In hierdie stadium moet die leerders weet dat 100c = R1. Die leerders het nou 'n goeie begrip van 100 en sal besef dat 120c gelyk is aan R1 en nog 20c., dus kan hulle nou die korrekte skryfwyse leer, nl. 120c = R1,20. Leer dit aan tot 199c = R1,99.

As hulle dit bemeester het, doen dan die omgekeerde: R1,20 = 120c tot

R1,99 = 199c.

Dit is noodsaaklik dat die leerders die volmaak en ontbinding van 'n tien baie goed moet verstaan. Dit is 'n belegging vir die toekoms. Hoe meer konkrete werk hier gedoen word, hoe beter sal die leerders dit begryp en verstaan.

Hulle moet kan vertel wat hulle doen. As hulle nie kan hoe hulle by die antwoord uitkom nie, is die konkrete beeld nie goed genoeg vasgelê nie. Gee baie en gereelde oefeninge in dié verband.

Onthou, as u nie die volmaak en ontbinding net na mekaar wil doen nie, staan dit u vry om die volgorde van die werkvelle te verander.

Vooraf beplanning :

(i) Verskeie vorms van driehoeke: gelyksydige, gelykbenige, reghoekige en enige ander driehoeke.

(ii) Verskeie reghoeke en vierkante.

(iii) Gradeboë en liniale, genoeg vir elkeen in die groep op die mat.

Vind eers uit wat die leerders reeds weet van die sye en hoeke van driehoeke, reghoeke en vierkante.

Meet van hoeke :

Verduidelik wat 'n regte hoek is (hoek gelyk aan 90°) as hulle dit nie ken nie. Wys vir die leerders die gradeboog en hoe om 'n hoek daarmee te meet. Maak seker dat hulle presies weet hoe om hoeke te meet.

Laat hulle nou die hoeke van die verskeie vorms op die mat meet. Hulle moet eers vertel wat hulle omtrent die hoeke van die driehoeke, reghoeke en vierkante ontdek het.

Al die hoeke van die reghoeke en die vierkante is regte hoeke . Gee hulle die geleentheid om ander regte hoeke oral in die klas te ontdek.

Het hulle ontdek dat 'n driehoek nooit meer as 1 regte hoek kan hê nie? 'n Driehoek met 'n regte hoek word 'n reghoekige driehoek genoem.

Meet van sye:

Gee aan die leerders die liniale om die sye te meet. Maak baie seker dat al die leerders weet hoe om met 'n liniaal te meet.

Hulle moet self ontdek:

(i) Daar is driehoeke waarvan die 3 sye ewe lank is. Dit is gelyksydige driehoeke.

(ii) Daar is driehoeke waarvan 2 sye ewe lank is. Dit is gelykbenige driehoeke.

(iii) Daar is ook driehoeke waarvan al die sye verskil.

(iv) Die 4 sye van 'n vierkant is ewe lank.

(v) Die 2 teenoorstaande sye van 'n reghoek is ewe lank.

Hierdie werk sal moontlik nie alles in een sessie op die mat afgehandel kan word nie en die tyd wat nodig is, kan ook van groep tot groep verskil. Dit sal raadsaam wees om die meet van die hoeke in een sessie en die meet van die sye in 'n volgende sessie af te handel.

Indien die leerders reeds die halvering van onewe getalle verstaan, is dit net nodig om die skryfwyse van

te verduidelik. Dit beteken 1 van die 2 dele waarin dit verdeel is:

1 is teller
2 is noemer

Hier gaan dit oor die halvering van 3, 5, 7 of 9 groepe van tien. Daar is altyd 1 tien wat ontbind moet word. Moedig die leerders aan om eers te hergroepeer, voordat hulle halveer. Hulle moet dit eers konkreet op die mat doen.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 3. OpenStax CNX. Oct 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11129/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask