<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 2   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Wiskunde in die wêreld rondom ons

Opvoeders afdeling

Memorandum

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

  • Integrasie van Temas:
  • Inklusiwiteit: Wie mag aan sport deelneem? Net spanspelers? Moet almal ‘n kans gegun word? Maak jou eie grafiek om vas te stel watter leerders aan sport deelneem.
  • Sosiale Geregtighede: Vriende moet tyd saam deurbring bv. Hulle speel saam. Bespreek in klein groepies wat jou houding en gedrag moet wees as jy saam met jou maats speel.
  • ‘n Gesonde Omgewing: Waarom is sport belangrik? Bespreek veiligheid by die skool as sport beoefen word.
  • Getalbegrip word uitgebrei tot 50.
  • Tel in 2’e, 3’e, 4’e, 5’e en 10’e
  • Aktiwiteite met die kalender/almanak help die leerders om die maande in die regte volgorde te rangskik en ranggetalle te hersien.
  • Grafiek – ‘n weergrafiek kan voltooi word.
  • Samestellings van 10 word bekend gestel, en baie aktiwiteite word gegee om dit te versterk.
  • Meetaktiwiteite, insluitend vergelykings van hoogte, lengte en breedte, met die relevante woordeskat.
  • Inhoud – liter.
  • Geld - die identifisering van muntstukke en vorms is ingesluit.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: maats [lu 4.2, lu 4.6, lu 5.1, lu 5.2, lu 5.5]

  • Hier is my vriende weer. Knip hulle uit en rangskik hulle van die kortste tot die langste.
LU 4.6
  • Hoe het jy gevaar?
  • Kies een en kleur dit in.
  • Voltooi:

___________________________________________________ is die kortste.

___________________________________________________ is die langste.

_______________________ is langer as ______________________________

_______________________ is korter as ______________________________

  • Ek gebruik my potlood om die lengte van my vriende wat ek geplak het, te meet.
  • Voltooi die onderstaande lyste:
Name van vriende wat korter as my potlood is. Name van vriende wat langer as my potlood is.
LU 4.6 LU 5.1 LU 5.2
  • Kom ons rangskik die maande van die jaar in volgorde. My verjaarsdag is in Januarie.
  • Laat die getallelyn jou help.
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12
J F M A M J J A S O N D

1ste Januarie

2de __________________________________________

3de __________________________________________

4de __________________________________________

5de __________________________________________

6de __________________________________________

7de __________________________________________

8ste __________________________________________

9de __________________________________________

10d __________________________________________

11de __________________________________________

12de __________________________________________

Vandag is die ________________________ van _____________________________

LU 4.2

‘n bladsy uit my almanak

Maand

Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag

  • Skryf hierdie maand se datums hierbo in. Begin met 1.
  • Voltooi:

Die 1ste _______________________ is op ‘n ______________________________

______________________________het _______________________________ dae.

Daar is _______________________________________ dae van die 5de tot die 11de.

Die 20ste (twintigste) val op ‘n __________________________________________

Daar is ________________________ Sondae in ______________________ (maand)

LU 4.2 LU 4.3
sonnig / geel bewolk / blou reënerig / rooi winderig / groen
  • Samel die inligting in vir hierdie maand.

__________________________________________________________ (maand)

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10
11 12 13 14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27 28 29 30
  • Gebruik die inligting hierbo vir jou grafiek.
Die weer in (maand)
SonnigBewolkReënerigWinderig
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20
  • Die __________________________________________ dae was die meeste.
  • Die ___________________________________________ dae was die minste.
LU 5.1 LU 5.4 LU 5.5

Assessering

Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.

Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder die dae van die week en die maande van die jaar in volgorde noem;

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder driedimensionele voorwerpe skat, meet, vergelyk en orden volgens nie-standaardmate;

Leeruitkomste 5: Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak en om toevallige variasie te interpreteer en te bepaal.

Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder alledaagse voorwerpe (alleen en/of as ’n lid van ’n groep of span) in die klaskamer of skoolomgewing versamel volgens gegewe kriteria of kategorieë;

Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder fisiese voorwerpe volgens een spesifieke eienskap wat om ‘n bepaalde rede gekies is sorteer;

Assesseringstandaard 5.5: Dit is duidelik wanneer die leerder eie versameling voorwerpe beskryf, verduidelik hoe dit gesorteer is en beantwoord vrae daaroor.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 2. OpenStax CNX. Oct 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11127/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask