<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Hy lê so lekker dat hy insluimer en vergeet van Ou Skilpad.

Skilpad is bult-op en bult-af.

Hy kyk nie regs nie en ook nie links nie.

Hy hou net aan.

Uiteindelik is hy twee tree van die wenstreep.

Dis toe dat Hasie wakker skrik en onthou!

Hy spring soos 'n weerligstraal daar weg, maar te laat!

Skilpad is oor die wenstreep!

Al die diere juig en klap hande vir die wenner.

"Jy sien", sê Skilpad, "dit is waar wat hulle sê: HOE MEER HAAS, HOE MINDER SPOED. Jy het gedink jy is vinniger as ek en toe het jy te gerus geraak."

Skilpad stap weg met 'n glimlag wat nou nog breër is.

LU 3.3.1
  • Beantwoord die vrae .....

1. Hoe het skilpad van die begin af geweet hy gaan die resies wen?

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

2. Wie, het die ander diere gedink, gaan wen? Gee 'n rede.

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

3. Hoekom kon "aanhouer wen" ook 'n goeie naam gewees het vir die storie?

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

4. Skilpad is 'n nederige diertjie. Reg/verkeerd? Gee 'n rede waarom jy so sê.

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

LU 3.2.1
  • Soek die woorde in die storie wat Skilpad en Hasie beskryf.
  • Stel twee lyste saam.

SKILPAD

HASIE

  • Dink aan jou eie woorde wat Skilpad en Hasie beskryf.

SKILPAD

HASIE

Voltooi die volgende sinne met verskillende beskrywende woorde, sonder om kleure te gebruik.

1. Sy het 'n .............................................................................................. rok gedra.

2. Sy het 'n .............................................................................................. rok gedra.

3. Sy het 'n .............................................................................................. rok gedra.

LU 6.2.4
  • Skryf die storie oor in 'n paar sinne.
  • Skryf die sinne op die pad waarlangs Skilpad en Hasie resies gejaag het.
LU 4.3.2
  • Voltooi die patroon.
LU 4.1

Assessering

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:

3.2.1 kommentaar lewer op ‘n storie of gedig wat hy/sy gelees het en begrip toon deur vrae te beantwoord:

Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder tekste op hul eie lees en ‘n verskeidenheid strategieë gebruik om betekenis te skep:

3.3.1 ‘n geskrewe teks vlot en met begrip lees:

Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder leesbaar skryf:

Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe van ‘n skryfstuk vir verskillende doeleindes skryf:

4.3.2 ‘n reeks kort tekste vir verskillende doeleindes skryf;

Leeruitkomste 6 : TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK : Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard 6.2: Dit is duidelik wanneer die leerder met woorde werk:

6.2.4 adjektiewe verstaan en gebruik.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11109/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask