<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 2   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Wiskunde in die wêreld rondom ons

Opvoeders afdeling

Memorandum

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

MODULE 1

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste Bladsyverwysings
KU 1 E-4, 10, 11, 14, 18, 19, 20, 21, 24
KU 2 E-1, E-5, 15, 25
KU 3 3, 4, E-2, 16, 17
KU 4 5
KU 5 1, 7, 8, 9, 12, 13, 22
KU 6 28
KU 7 5, 6, 27, 28, 29
KU 8 26, E-9
  • Integrasie van Temas: Vriende
  • Inklusiwiteit: Alhoewel elkeen van ons uniek is, is daar baie ooreenkomste; karaktereienskappe, sport, opvoeding ens.
  • Sosiale Geregtighede: Bespreek vriende se gedrag teenoor mekaar.
  • n Gesonde Omgewing: Wat is ons plig as aardbewoners om ons omgewing skoon te hou?

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: lank en kort [lu 1.9, lu 4.6]

Kyk na die prente

  • Merk die hoë gebou met ‘n rooi √.
  • Merk die lang man met ‘n rooi √.
  • Merk die kort man met ‘n blou X.
  • Merk die hoë boom met ‘n rooi √.
  • Merk die kort boom met ‘n blou X.
  • Merk die lang gras met ‘n rooi √.
  • Merk die kort gras met ‘n blou X.
  • Tel die hoë / lang voorwerpe. __________________________ is hoog / lank.
  • Tel die kort voorwerpe. __________________________________ is kort.
  • Die hoë gebou is __________________________________ as my potlood. (langer / korter)
  • Ek vertel my maat hoe ek dit weet.
LU 4.6

Doen hierdie op die swartbord.

  • Opvoeder: Wat kan jy sien wat dieselfde is omtrent:

6 + 1 = 7

en 1 + 6 = 7 ?

  • Is hulle ware getalsinne?
  • Wat is anders omtrent hulle?
  • Kom ons skryf hulle so:
  • In watter vorm is 6? 1? 7?
  • Wat het met die 6'e en die 1'e se plekke gebeur?
  • Weet jy watter getalle in hierdie vorms hoort?
  • Hou nou die getalle dieselfde. Ruil net hulle plekke om.
  • Maak seker dat die getalsinne waar is.
  • Probeer:
LU 1.9

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer wat die volgende behels:

1.9.1 optelling en aftrekking van getalle tot minstens 20;

  • vermenigvuldiging van heelgetalle met oplossings tot minstens 20.

Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder driedimensionele voorwerpe skat, meet, vergelyk en orden volgens nie-standaardmate:

4.6.1 massa (bv. bakstene, sandsakke);

4.6.2 volume/kapasiteit (bv. lepels, koppies);

4.6.3 lengte (bv. handspan, treë).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 2. OpenStax CNX. Oct 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11127/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask