<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 9

Denkvaardighede

Module 6

Probleemoplossing

VAN VOOR BLINK, MAAR VAN BINNE STINK!

('n Uittreksel uit "Skolenuus", 'n koerant wat landswyd versprei word)

Ek moes 'n pakkie boeke by 'n bekende skool in 'n redelik gegoede woonbuurt gaan afgee. Die skool se buitekant was indrukwekkend: pure pilare, groot vensters en swaar deure. Die groot vensters het nie in die son geskitter nie. Die leë koeldrankblikkies op die vensterbanke het wel! Die vensters was vuil en vol vatmerke. Binnekant het hierdie neiging voortgeduur. Die trappe was vuil en versier met leë blikkies, plastieksakkies, taai lekkergoedpapiere. Dit was stowwerig en van die afval en merke het gelyk asof hulle ou burgers daar was. Binne die klas waar ek die boeke moes afgee, het die tafels sonder plan rondgestaan en party stoele het op hul sye gelê. Die vloer was weer eens versier met stukkies afvalpapier en leë plastieksakkies. Van die stoele was stukkend en van die tafels was bekrap met allerhande slagspreuke en obsene woorde. Ek het my pakkie neergesit en gewonder of die toestand van die plek die toestand van die mense wat hierdie plek gebruik se gedagtes weerspieël?

(Brief verkort - Red.)

Jou beurt!

Wat nou? Nou is dit julle beurt om die stappe te volg om te sien of julle met werkbare oplossings kan help om die probleem hierbo op te los.

1. Wat is die regte of werklike probleem?

2. Watter moontlikhede en oplossings is daar?

3. Watter idees mag werk? (Watter kriteria word gebruik?)

4. Wat is die plan?

Hier behoort die volgende vrae beantwoord te word:

  • Wie gaan wat doen?
  • Wanneer gaan wat gedoen word?
  • Hoe gaan die onkostes gedek word?
  • Hoe sal ons weet dat die plan 'n sukses was?

5. Hoe gaan ons ander oortuig?(Dis belangrik om die samewerking van ander mense te hê.)

Daarna...

Deel al die idees met mekaar. Is daar enige idees wat julle by julle betrokke skool kan gebruik?

[LU 3.6]

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
PERSOONLIKE ONTWIKKELINGDie leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy of haar wêreld te reageer
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.3 gepas op emosies in uitdagende situasies reageer.
3.4 verduidelik wat uit ‘n uitdagende persoonlike interaksie geleer is deur krities oor eie optrede te besin;
3.6 eie toepassing van probleemoplossings-vaardighede in ‘n uitdagende situasie krities evalueer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11064/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask