<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Inligting oor enige BBC-nuus kry ‘n mens op die Internet indien jy die koerantberig of internasionale TV-berigte verpas het. Die bostaande inligting is beskikbaar op die algemene BBC Nuuswebblad. Soek dus:
  • “BBC News Website”, onder “Sci/Tech”, hou aan soek totdat jy die spesifieke inligting waarna jy soek, vind!

Vergelykende studie : Industriële Revolusie vs Franse Revolusie

DEFINISIE:

  • Die IR was ‘n stadige maar radikale verandering van handearbeid tot die gebruik van masjienkrag.
  • Die FR was ‘n politieke revolusie waarin die werkersklas die regering deur die monargie in ‘n vinnige, bloedige stryd beëindig het.

OORSAKE:

  • Die uitvindings van skeppende leiers wat die tegnologie so verbeter het dat kapitalisme ontstaan het, d.w.s. die gebruik van geld in die produksie van goedere en dienste sodat nog meer geld gemaak word.
  • Die onderdrukkende regering deur die minderheidsgroep, die koning en sy aristokrasie wat die kommunistiese droom van ‘n werkersparadys laat ontstaan het.

GESKRIFTE:

  • 1776 The Wealth of Nations deur Adam Smith, waarin hy privaatinisiatief aanmoedig, d.w.s. dat maksimum rykdom en voorspoed slegs deur individue bereik kan word omdat die mens sy eie welvaart wil bevorder en die volk op hierdie manier bevoordeel kan word.
  • Rousseau (1712 - 1778) skryf in sy Sosiale Kontrak dat die mag by die volk moet berus, nie die koning nie. Hy stel die leuse van die Franse Revolusie: vryheid, gelykheid en broederskap.

GEVOLGE:

  • IR het verstedeliking veroorsaak, omdat fabrieke en myne naby die energiebron opgerig is en onbeplande stede so ontstaan het om die arm werkers te huisves. Rykes het ryker geword en armes armer.
  • Napoleon Bonaparte is in 1795 deur die direktoraat van Frankryk aangestel as hoof van die Franse leër om korrupsie te beëindig. Sy leërs is oral deur onderdrukte volke as bevryders verwelkom en so is die FR se ideale versprei. Nasionalisme (‘n vurige vaderlandsliefde) het so ontstaan.
  • Skryf nou twee paragrawe waarin jy in jou eie woorde verduidelik wat bedoel word met:

kommunisme

kapitalisme

LU 2 AS 2.2 LU 2 AS 2.1

ASSESSERING VAN KENNIS EN BEGRIP OOR DIE FRANSE EN INDUSTRIëLE REVOLUSIES

Jou onderwyser sal jou nou ter afsluiting van hierdie module, help om te bepaal in hoe ‘n mate kennis en begrip oor die twee revolusies verwerf het, byvoorbeeld met ‘n skriftelike toets.

LU 2

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Geskiedkundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ‘n verskeidenheid van relevante historiese en argeologiese bronne kan identifiseer en selekteer in sy navorsingsproses [vind bronne];
1.2 bronne suksesvol evalueer t.o.v. die betroubaarheid, nuttigheid en die gesindheid van die skrywer [werk met bronne];
1.3 grafiese en statistiese bronne interpreteer [werk met bronne];
1.4 ‘n oorspronklike idee insluit in sy antwoorde [beantwoord die vraag];
1.5 kennis en begrip kommunikeer deur [dra die antwoord oor]:
  • die opbou van sy eie argumente en interpretasie gebaseer op die historiese bronne (wat uitgebreide skryfwerk, kunswerke, grafieke en dramas insluit);
  • informasie tegnologie waar beskikbaar en toepaslik te gebruik om sinvol te kommunikeer.
LU 2
Geskiedkundige Kennis en BegripDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 verbande tussen geskiedkundige gebeurtenisse en prosesse in verskillende kontekste in dieselfde tydperk begin trek [chronologie en tyd];
2.2 verstaan dat daar ‘n verskil in die belangrikheid van gebeurtenisse se oorsake en gevolge is [oorsaak en gevolg];
2.3 veranderinge in ‘n groter historiese en omgewingskonteks verduidelik [kontinuïteit en verandering];
LU 3
Geskiedkundige InterpretasieDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 geskiedkundige interpretasie ondersoek deur relevante vrae oor ‘n geskiedkundige bron se skrywer te stel [interpretasie van bronne];
3.2 die verskillende maniere waarop die gebeure in die verlede aangebied en geïnterpreteer is, kan identifiseer en beredeneer [interpretasie van bronne];
3.3 verduidelik waarom geskiedenis nie objektief of neutraal is nie [interpretasie van bronne];
3.4 verstaan dat identiteitsgevoel die manier waarop gebeurtenisse in die verlede geïnterpreteer word, kan beïnvloed [interpretasie van bronne];
3.5 belangrike kenmerke en gebruike van materiële oorblyfsels van die verlede in ‘n gegewe konteks beskryf [voorstelling van die verlede];
3.6 verduidelik waarom dit belangrik is om ons natuurlike en kulturele erfenis te bewaar (bv. voorwerpe, geboue en ander erfenisgebiede) [voorstelling van die verlede];
3.7 verduidelik hoe en waarom mense se herinneringe van die verlede mag verskil [voorstelling van die verlede].

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11043/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask