<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 8

Die ekonomiese siklus

Module 5

Inflasie

INFLASIE

  • BY VOLTOOIING VAN HIERDIE AFDELING SAL JY IN STAAT WEES OM INFLASIE EN DIE REDES VIR DIE VERANDERINGS IN INFLASIEKOERSE TE KAN VERDUIDELIK.
  • Inflasie is ‘n “VOORTDURENDE en AANSIENLIKE STYGING in die algemene prysvlak as gevolg van geldelike oorsake, wat tot gevolg het dat die koopkrag van geld daal”. Wanneer die definisie ontleed word, moet beklemtoon word dat die styging in ‘n enkele prys, of die eenmalige styging in die prys van ‘n kommoditeit, nie inflasie is nie. Pryse moet in die algemeen en oor ‘n breë vlak van kommoditeite styg en die styging moet ook aansienlik wees. Sodanige styging in pryse sal dan beteken dat jou geld nie meer dieselfde hoeveelheid goedere kan koop as wat jy voorheen met dieselfde hoeveelheid geld kon koop nie. Jy is in der waarheid dus swakker daaraan toe. Aangesien inflasie ‘n algemene styging in pryspeile impliseer, is dit noodsaaklik dat die redes vir die styging ontleed sal word:Uit die studie van die ekonomiese siklus het dit duidelik geword dat die goederestroom altyd gelyk moet wees aan die geldstroom. Wanneer die geldstroom egter toeneem en daar is nie ‘n gelyktydige toename in die produksie / aanbod van goedere nie, sal dit veroorsaak dat pryse styg weens ‘n toename in die groter vraag (as gevolg van die feit dat mense meer geld het om mee te koop).

HUISHOUDINGS / VERBRUIKERS

1 sakkie aartappels

1 kissie tamaties

1 sak mieliemeel

1 kissie avokado’s

Vergoeding vir die produkte: R100

PRODUSENTE

  • Volgens die model hierbo sal die gemiddelde prys per item wat gekoop word, gelyk wees aan R25 (R100 gedeel deur die vier items). Indien die geldstroom nou om die een of ander rede sou vermeerder met R60, sal die gemiddelde prys van die items styg na R40 per item {(R100 + R60) gedeel deur dieselfde vier items}. Die vermeerdering in die hoeveelheid geld, het dus ‘n styging in die prys veroorsaak.Nou verwant hieraan is wanneer mense meer geld aan goedere en dienste bestee as wat die ekonomie kan lewer. In dié geval styg die vraag na goedere en dienste teen ‘n vinniger koers as die koers waarteen die produksie-eenhede hul produkte kan lewer. Dit beteken dat pryse opgejaag word as gevolg van die groter vraag deur verbruikers. So ‘n toestand waar “meer geld” op “minder goedere” jag maak, staan bekend as VRAAGINFLASIE.Voorts kan die pryse van goedere ook styg weens voortdurende en aansienlike stygings in lone, byvoordele, belastings, ens. wat die bedryfskoste van die ondernemings of produsente opstoot. Ten einde sy winsgrense dieselfde as tevore te hou, sal die produsent die pryse van sy produkte wat aan die verbruiker verskaf word, eenvoudig moet verhoog. Indien daar prysstygings is as gevolg van deurlopende stygings in produksiekoste, word dit KOSTE-DRUKINFLASIE genoem, want die toename in bedryfsKOSTE DRUK die verkoopPRYS OP. Voorbeelde is die invloed van vakbonde ten opsigte van hul soms buitensporige eise vir salarisverhogings (d.w.s insetkoste), asook die deurlopende styging in brandstofpryse (ook ’n insetkoste) wat aan wisselkoersskommelings onderworpe is.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11039/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask