<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wiskunde

Ontmoet vir bonnie en tommie

Opvoeders afdeling

Memorandum

Die module is opgestel volgens die Leeruitkomstes en Assesseringstandaarde soos vervat in die dokument, uitgegee deur die Nasionale Onderwysraad.

Die take en aktiwiteite is in lyn met die kurrikulum, maar dit kan nie die taak van die opvoeder, om te onderrig, vervang nie. Nuwe begrippe moet eers konkreet en deeglik onderrig word, voordat die take vir die leerder van enige nut kan wees.

Hierdie aktiwiteite kan gebruik word vir toepassing, konsolidering, vaslegging, verryking en assessering van werk wat vooraf onderrig is.

Onderaan elke bladsy van die leerders, verskyn die nommer van die leeruitkoms wat op die betrokke bladsy ter sprake is. Die nommers is in ooreenstemming met dié van die raamwerk voor in elke leereenheid. Hierby is ook ‘n ruit, vir onmiddellike assessering, aangebring. Aan die einde van die module verskyn die assesseringsruit waar ‘n gemiddelde punt vir die betrokke module bereken en aangedui kan word.

Dit mag wees dat die “vinnige” leerders baie vinnig deur ‘n module sal gaan, in watter geval van soortgelyke aktiwiteite gebruik gemaak kan word. Dit is dus dringend noodsaaklik dat die opvoeder deeglik bewus sal wees van die inhoud van elke taak, alvorens dit aan die leerders gegee word.

Sommige opdragte en take vereis ook vooraf beplanning deur die opvoeder . Om die taak van die opvoeder te vergemaklik, is daar inligting op die bladsye genommer O - 1 tot O - 7 aangeheg. Hierdie bladsye word nie aan die leerders uitgedeel nie.

Die opvoeder moet die leerders help om die inligting van hul verjaardae in die klas te bekom sodat hulle die blokgrafiek kan voltooi.

Laat die leerders hulle hande opsteek in die maand waarin hulle verjaar en tel dan hoeveel daar in elke maand is. Hierdie inligting skryf die leerder dan in die sirkel bokant elke maand,

bv. 3 kinders verjaar in Januarie. Die 3 word in die sirkel reg bokant Jan . geskryf.

Hierdie taak kan al die leerders gelyktydig doen.

Dit is ook ‘n goeie geleentheid om nou die name van die maande in die regte volgorde aan te leer. Dit is nie nodig dat hulle dit in hierdie stadium moet kan skryf nie.

Gee die leerders genoeg tyd om hul bevindings, afleidings en gevolgtrekkings na die voltooiing van die blokgrafiek te bespreek.

Wanneer met bewerkings begin word, sal dit goed wees om die leerders bewus te maak dat die 4 bewerkings (optel, vermenigvuldig, aftrek en deel) slegs 2 verskillende prosesse behels:

Kyk na Hoe meer die leerder hierdie voorstelling sien en die verduideliking hoor , hoe beter sal hy dit begryp en kan toepas by die oplossing van probleme.

Die leerders moet die kommutatiewe eienskap van optelling ( 3 + 4 = 7 en4 + 3 = 7 ) en vermenigvuldiging ( 2 x 5 = 10 en 5 x 2 = 10 ) verstaan, maar hy hoef nie die woorde “ kommutatiewe eienskap ” te ken of te gebruik nie.

Die leerder moet die assosiatiewe eienskap van aftrekking(9 – 4 = 5 en 9 - 5 = 4 ) en deling ( 10  2 = 5 en 10  5 = 2 ) verstaan.

Leerders moet eers met konkrete voorwerpe ervaar hoe die antwoorde van die aftrekbewerkings getoets kan word: bring terug wat jy weggeneem het en as jy weer die getal waarmee jy begin het, kry, dan weet jy dit is reg.

Questions & Answers

calculate molarity of NaOH solution when 25.0ml of NaOH titrated with 27.2ml of 0.2m H2SO4
Gasin Reply
what's Thermochemistry
rhoda Reply
the study of the heat energy which is associated with chemical reactions
Kaddija
How was CH4 and o2 was able to produce (Co2)and (H2o
Edafe Reply
explain please
Victory
First twenty elements with their valences
Martine Reply
what is chemistry
asue Reply
what is atom
asue
what is the best way to define periodic table for jamb
Damilola Reply
what is the change of matter from one state to another
Elijah Reply
what is isolation of organic compounds
IKyernum Reply
what is atomic radius
ThankGod Reply
Read Chapter 6, section 5
Dr
Read Chapter 6, section 5
Kareem
Atomic radius is the radius of the atom and is also called the orbital radius
Kareem
atomic radius is the distance between the nucleus of an atom and its valence shell
Amos
Read Chapter 6, section 5
paulino
Bohr's model of the theory atom
Ayom Reply
is there a question?
Dr
when a gas is compressed why it becomes hot?
ATOMIC
It has no oxygen then
Goldyei
read the chapter on thermochemistry...the sections on "PV" work and the First Law of Thermodynamics should help..
Dr
Which element react with water
Mukthar Reply
Mgo
Ibeh
an increase in the pressure of a gas results in the decrease of its
Valentina Reply
definition of the periodic table
Cosmos Reply
What is the lkenes
Da Reply
what were atoms composed of?
Moses Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 3. OpenStax CNX. Oct 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11129/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask